
FEESJAAR-WAPEN
BETEKENIS
Die hartklop van Hennopspark is gesetel in die wete dat Hennops ‘n skool is waar God regeer. Baie kenmerkend van die feeswapen is die drie duidelike sirkels wat in die ontwerp sigbaar is. Dit simboliseer ons geloof in die drie-enige God. ‘n Sirkel het geen begin of einde nie en so is dit ook ‘n simbool van God se ewigdurende liefde en Sy bestaan in die skool word in ons liefde vir God en ons medemens uitgeleef. Die sirkel is ook ‘n simbool van volmaaktheid en by Hennops streef ons na uitnemendheid.
Die lourierkrans dui op ons skool se oorwinning deur volharding die afgelope 40 jaar. Die goue kleur van die ranktakke en blare simboliseer Goddelikheid en glorie. 40 Goue blaartjies vir 40 goue jare van genade. Die takkie verteenwoordig ons Kaalvoetkinders en hulle groei binne Hennopspark.
Die horisontale golwende blou lyne simboliseer water. Hiér word spesifiek verwys na die Hennopsrivier waarna ons skool vernoem is. Water is kosbaar, soos elke leerling vir Hennopspark kosbaar is!
Genade onbeskryflik groot!
MISSIE & VISIE
- ‘n Skool waar God regeer – ‘n skool vir kinders
- Dinamiese, toekomsgerigte voorlopers
- Akademiese uitnemendheid is ‘n prioriteit
- Personeelontwikkeling en kwaliteitonderrig staan voorop
- Finansies en administrasie word effektief bestuur
- ‘n Skool waar leierskapvaardighede ontwikkel word
- Hier word elke kind 'n wenner
- Kinders word as individue raakgesien en gebalanseerd ontwikkel
- Tradisie word geskep en uitgebou
- Respek en waardesisteme word gevestig
- Dissipline word gehandhaaf
- Effektiewe, deursigtige kommunikasie is ons eer
- Uitnodigende onderwys is ons missie