HENNOPS NUUSBRIEF: 29 AUGUSTUS 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Liewe Ouers
In die afgelope naweek se Rapport was daar ‘n baie ontstellende berig oor ‘n man wat ‘n dogtertjie by ‘n laerskool hier in Centurion gevolg het tot in die dogtersbadkamers op die skoolterrein. ‘n Mens kan duidelik op die kameras sien hoe hy agter haar aanloop, verby die seuns se badkamers stap, en agter haar in die dogters se badkamers ingaan. Gelukkig kom die kind enkele minute later uit en hardloop weg. Maar dink net wat kon gebeur het!
Dit is besonder ontstellend dat dit helder oordag gebeur het – in die middag na skool, terwyl die kinders sport beoefen. Niemand stop hom nie, want hy lyk soos enige ander ouer op die skoolterrein.
Ons het ook ouers wat smiddae die skoolterrein betree – om hulle kinders te kom ondersteun of te kom haal om huis toe te neem. Ons het ook ouers van ander skole wat hier kom deelneem, wat op die skoolterrein kom. Die feit is: die wagte wat ons gebruik, ken nie al ons ouers nie. So enigeen kan dus op die terrein kom sonder dat die veiligheidswag enigsins sou vermoed dat dit ‘n ongure karakter is.
Ek het vandag in die Saal met al ons senior kinders gepraat (sal binnekort met die juniors praat wanneer hulle weer in die Saal is) hieroor. Ek het hulle ernstig vermaan om wakker te wees – hulle moet altyd seker wees dat hulle nie gevolg word nie. Daar is personeel op die skoolterrein elke middag, en ons kyk ook mooi dat ons kinders veilig is. Maar ek wil ook vir u vra om maar “vigilant” te wees as u op die terrein is, en altyd uit te kyk vir ons kinders se veiligheid.
Ons is baie gelukkig dat ons nog nie so ‘n probleem gehad het nie – ek dink ons veiligheid is op standaard, maar ons durf nie wag totdat iets met ‘n kind gebeur voordat ons fokus op ons kinders se doen en late nie. Ons sluit ons hekke om 07:30 – tot 07:30 is daar ‘n wag by elke hek, en weer in die middag. Net na skool word al die hekke weer gesluit, en alle kinders en ouers moet by die Sporthek of die Blackwood-ingang die terrein betree. By albei hierdie hekke is veiligheidspersoneel die hele middag aan diens.
Ek vra u mooi dat ons manne aan diens, wat net hulle opdrag van my af uitvoer, sal respekteer. As hulle mense laat inkom nadat die skool reeds begin het, gaan hulle groot moeilikheid met my kry. Om halfagt word die hekke gesluit. Dan moet u, as u dalk bietjie laat is, by die hoofhek in- of uitgaan – sonder uitsondering.
Ek kan nie vir u sê hoe erg van daai manne van ons deur van ons eie ouers sleggesê en selfs gevloek word op ‘n daaglikse basis nie. Hulle teken ‘n volle uur voordat hulle werksdag begin reeds aan om seker te maak dat u kinders veilig is binne die skoolterrein. Respekteer hulle asseblief daarvoor.
Ek sien elke oggend hoe hulle ons kinders vriendelik groet – selfs ‘n handdruk gee. Dan voel my hart sommer warm dat ons sulke puik manne hier het. Maar as een van hulle met trane in sy oë vir my kom vertel hoe hy deur ‘n ouer uitgevreet word omdat hy die hek sluit om halfagt, breek dit my hart. Hulle verdien beter. Hulle verdien om ook vriendelik gegroet te word, en selfs bedank te word vir hulle diens.
Dit maak my skaam dat opgevoede mense by ‘n topskool soos Hennopspark, ander mense wat dalk nie so ryk soos hulle is nie, of wat ‘n overall dra, soos minderwaardiges behandel. Ek sê vir u: daardie mense van ons wat hier by ons skool werk, is puik mense. Hulle is lojaal, wel-opgevoed, en doen uitmuntende werk. Ek sal enigiets vir hulle doen, omdat ek elke dag so op hulle kan staatmaak – hulle het niemand nog ooit gedrop nie.
Die een dame wat by die badkamers gewerk het, en wat laasweek een van ons kinders bitter sleg behandel het, se dienste is summier beëindig. Sy is weg. Ons sal nie toelaat dat enigeen ons kinders sleg behandel nie. Maar dieselfde geld vir ons werkers. Ons kan nie toelaat dat enigeen van hulle sleg behandel word nie.
Baie dankie aan elke ouer en leerling wat ons werkers met respek en menswaardigheid behandel. Hulle-, en ek, waardeer dit opreg.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 29 Augustus
NB: MAANDAG ROOSTER
Snr Revue: SA Champs – Randburg
Krieketliga

Vrydag: 30 Augustus
Angelsdag – Stuur asb ʼn produk indien u kan
Gholf: Oefening Village Klub Centurion
Krieketliga

Saterdag: 31 Augustus
Senior Revue: Kaleidoscope rondte 2
Sondag: 1 September
Ainos: 8:15 - Lewende Woor

Maandag: 2 September
Tennisliga
Krieketliga
Lees: Graad 1: 14:00

Dinsdag : 3 September
Swem: Super 12 uitdunne: Curro Hazeldean 05:30
Netbal Voorseisoen
Krieketliga
Lees: Graad 2: 14:00

Woensdag: 4 September
Gholf: Zwartkop Country Klub
Lees: Gr 3: 14:00
Foto’s word geneem: Boeties en Sussies
Krieketliga

Donderdag: 5 September
Toets (Gr 7)
Krieketliga
Swem: Gr 6 en 7: H/S Menlopark

Vrydag: 6 September
Krieketliga
Saterdag: 7 September
Hennops Tenniskampioenskappe
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
SPORT_banner images with link 1600x300
facebook cover 20190-9 SEPTgoedheid

SEPTEMBER VERJAARSDAE

8 Albertus Badenhorst
11 Liné Niemand
14 Ruzelle Grobler
18 Talita Vosloo
20 Engela Elliot
27 Corné Lindeque
28 Cindy van Smaalen
29 Lynette Coertze
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
MySchool-poster-2
makro
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
lees
lees2
pjc1
kerk
EcoTherm
8aug9_0000
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
makro1
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
makro2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

AUGUSTUS

WEEK4

Psalm 34:6
Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap.

Jesaja 58:11
Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.

Jesaja 30:29
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie .... die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Matteus 6:33
Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Nehemia 8:10
Die vreugde van die Here is my beskerming.
facebook instagram