HENNOPS NUUSBRIEF: 18 JULIE 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Met erkenning aan “Donkie se gedagte”
My kollegas lag soms lekker vir my wanneer hulle van my interessante (dalk eksentrieke??) musieksmaak te hore kom. Om een of ander rede maak dit blykbaar nie sin dat iemand soos ek na Pink Floyd sou luister nie. Kom ek sê vir julle: Pink Floyd is absoluut briljante musikante! Ek dink dat Roger Waters is dalk die beste liriekskrywer wat ooit geleef het. Die epiese album “The Wall” is dalk die mees roerende outobiografie wat ek ooit gelees (of gehoor-) het. Hierdie is digkuns en prosa in sy fynste formaat. Toe ek in die hoërskool was het ons baie pak gekry omdat ons goed soos “Bohemian Rhapsody” en “Another brick in the Wall” daar in ons koshuiskamer geluister het. Pak gekry, want albei was verban – dit was teen die wet om dit te luister. Net so teen die wet soos Playboy, pinball-masjiene en die private besit van AK 47’s. Ai, ons was darem verkramp. Darem nie oor die AK’s nie. Daarmee stem ek saam. Een van my ander gunsteling musiekalbums is The Dark Side of the Moon – ook deur Pink Floyd. Ek het steeds die oorspronklike plaat soos ek hom in Matriek gekoop het – voos gespeel, maar steeds in sy omslag. Een van die mees treffende snitte op hierdie plaat is “Time”. “Ticking away the moments that make up the dull day
Waiting for someone or something to show you the way. 
And then one day you find that ten years have got behind you, 
No one told you when to run, you missed the starting gun.”

Die volgende storie illustreer vir baie mooi die konsep van tyd (ek het dit eendag in die Saal met die kinders gedeel). Op die eerste dag van die akademiese jaar by ‘n bekende Amerikaanse universiteit het die prof sy studente gevra om na iemand anders in die klas te draai wat hulle nie ken nie, en hulself voor te stel. Een van die studente het omgedraai, en daar het ‘n 82-jarige tannie met ‘n groot glimlag gesit. Sy het gesê: “Hello Handsome. I am Rose; I’m 82 years old, and I have always wanted to get a college degree. Now I am here, hoping to fulfil that dream.”Die universiteit se voetbalspan het, na vier jaar toe hulle gradueer, vir Rose gevra om die konvokasie toe te spreek. Hier is haar wyse woorde by daardie geleentheid:
We do not stop playing because we are old; we grow old because we stop playing. There are only 4 secrets to life: *You have to laugh every day:
 *You’ve got to have a dream. When you lose your dreams, you die.
 *There is a huge difference between growing older and growing up. Anybody can grow older. Grow up. *Have no regrets. I don’t have regrets about what I have done. I have regrets about what I haven’t done.
'n Week na die gradeplegtigheid het Rose rustig in haar slaap gesterf. Meer as 2000 studente het haar begrafnis bygewoon. Hierdie merkwaardige vrou het hulle geleer dat dit nooit te laat is om jou droom te bewaarheid nie. Maar ons moenie wag nie – ons gaan die afsitterskoot mis.

Vandag is die dag, boetie. Watch my vandag. Vandag is my dag.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 18 Julie
Super 12 Tennis - Groenkloof
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga
Sagtebal (0/10 – 0/13): Tuis teen Tygerpoort

Vrydag: 19 Julie
Super 12 Tennis - Groenkloof
Hokkieliga
Krieketliga
Landloop: Liga 2

Saterdag: 20 Julie
Snr Revue oefen: 14:00 – 18:00
Jnr Revue oefen: 09:00 – 14:00
Hokkieliga
Maandag: 22 Julie
Krieketliga

Dinsdag: 23 Julie
Seniorfase Oueraand op uitnodiging: 18:00 – 19:00
Mini-Hokkie oefening
Jnr Koor: TYAF Staatsteater
Krieketliga

Woensdag: 24 Julie
Krieketliga

Donderdag: 25 Julie
MIni-Hokkie oefening
Krekietliga

Vrydag: 26 Julie
Angelsdag: Stuur asb produkte indien u kan
Hokkieliga
Netbal: SASN Kampioenskappe - EG Jansen
Krieketliga

Saterdag: 28 Julie
Landloop: Super 12 – Konka
Netbal: SASN Kampioenskappe - EG Jansen
SPORT_banner images with link 1600x300

Hokkie

Baie geluk aan Christiaan Thiart wat tydens die vakansie inPietermaritzburg aan die IPT’s deelgeneem het. Christiaan is een van 5 seuns wat in 0/12 sowel as 0/13 gekies is vir die Noord Gauteng A span. Hy en sy span eindig die jaar 6de by die toernooi, en weereens stap Christiaan weg as die ster van sy span! Ons is baie trots op jou besonderse mooi prestasie Christiaan!

Akrobaat

Mieke Kruger het einde verlede kwartaal aan 2 hoë profiel kompetisies deelgeneem.
11/05/2019: Gauteng-Noord Akrobaat Kampioenskappe Waar sy ʼn 2de plek in haar groep Level 9 (13 to 16 Years) verwerf het en sodoende gekwalifiseer het om aan die SA Kampioenskappe deel te neem. 08/06/2019: Suid-Afrikaanse Akrobaat Nasionale Kampioenskap Sy het ʼn pragtige vierde plek ontvang. Sy het ook medaljes ontvang.
facebook cover 20190-7 JULIE integriteit

JULIE VERJAARSDAE

6 Johnny Schroeder
12 Tania Meyer
15 Hannelie Taljaard
18 Werner van Rooyen
20 Bianca Kramer
26 Elize Jonker
28 Bernice Mouton
31 Seugnet Steyn
31 Alta Coetzee
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
makro
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
Email generator add
makro1
makro2
pjc1
pjc2
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

JULIE - WEEK3

Romeine 8:28
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet.
Johannes 1:16+17
Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Romeine 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liehet.
Romeine 1:16
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo.
Psalm 118: 28
U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.
facebook instagram