|
HENNOPS NUUSBRIEF: 23 AUGUSTUS 2019
|
|
|
Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
|
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ek wil graag – uit my hart uit – baie dankie sê aan al ons ouers wat bydraes gemaak het vir ons Angelskinders se toere. ALMAL IS GEHELP!!!! Almal kan saamgaan! Ek waardeer dit regtig verskriklik baie. Mag u geseën word. Liewe ouers, elke dag gee ek vir die Graad 7’s Engels Letterkunde tydens die vierde periode. Elke periode is slegs 30 minute lank, waarvan 5 minute gebruik word om te wissel van een klas na ‘n ander. Dit beteken dat ek net 25 minute per week het om my werk met hulle te behandel. Ek ervaar groot frustrasie aan die einde van die periode, want direk na my periode is dit pouse. Ons maak afkondigings net voor pouse, en die laaste paar weke vat dit amper 5 minute net om die kinders vir wie hul ouers pakkies afgelaai het, se name te lees. Enigiets van verjaarsdag-doughnuts, tot krieketsakke, tot LO-klere, tot toebroodjies, tot Wiskundeboeke wat by die huis gelos is word deur mammas by die kantoor afgelaai net voor pouse. Dit vat vir Angelique of Adri letterlik 5 minute om die name te lees van kinders wat goed moet gaan afhaal by die kantoor wat hulle ma’s daar aangebring het. Nou is my periode net 20 minute lank. My opdrag aan hierdie twee dames is lankal dat GEEN afkondigings in klastyd gemaak mag word nie. Wanneer ons besig is in ‘n periode, mag daar geen onderbrekings wees nie. Maar nou is daar net voor pouse 5 minute se afkondigings vir kinders wat hulle goed by die huis gelos het. Ek vind dit uiters steurend. Daarom stel ek u in kennis dat daar van nou af GEEN kinders geroep sal word om goed wat hul ouer afgelaai het, te kom haal nie. U kan steeds hul goed bring – ek verstaan dat verjaarsdag doughnuts vars moet wees en dat ‘n boek wat vergeet is moet skool toe kom – maar u moet self met u kind die oggend reël dat hy pouse sy goed by die kantoor moet kom afhaal. Ons gaan hom nie roep nie. Dit pla my ook dat dit amper elke dag dieselfde mense is wat goed kom aflaai. U kind is mooi groot – hy kan self sy tas pak en seker maak dat hy al sy boeke ingepak het. Hy kan sy krieketsak skool toe bring vroegoggend al – dit word in veilige bewaring gehou in ‘n toegesluite stoor wat eers na skool oopgesluit word. Ek weet ook goed dat wanneer u kom om u kind op te laai vir die afspraak by die ortodontis, u hom graag dadelik wil hê. Ons roep graag daardie kind in sy onderwyser se klas, maar nie oor die algemene interkom nie. Probeer asseblief ook maar om met hom seker te maak oor hoe laat hy u moet kry – dit is beter as hy self op die ooreengekome tyd by die kantoor aanmeld. Natuurlik sal daar altyd uitsonderings op die reël wees. Ons sal nie hardkoppig wees net vir die pret nie. As ons ‘n kind móét roep, sal ons dit natuurlik doen. Ek weet goed dat elke situasie op meriete beoordeel moet word. En ons sal u altyd vriendelik en professioneel hanteer. Ek hoop u verstaan my dilemma, en dat u ons sal help hiermee. Dankie dat ek dit kan vra.
|
Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
|
|
|
|
|
|
Donderdag: 22 Augustus Sagtebal teen Vhalliespark – weg: 0/11 en 0/13 Jnr Koor – Klank Snr Koor – Foyer produksie – Lewende Woord Krieketliga Mini-Hokkie oefening
|
Vrydag:23 Augustus Krieketliga Hokkieliga
|
Saterdag: 24 Augustus Ainos: Kerk in Suid – 11:15 Hokkie dogters teen Oranje Meisies – Eldoraigne Astro
|
|
Maandag: 26 Augustus NB: DINSDAG ROOSTER Toets Krieketliga Tennisliga
|
Dinsdag: 27 Augustus NB: VRYDAG ROOSTER Krieketliga
|
Woensdag: 28 Augustus NB: DONDERDAG ROOSTER Krieketliga Jnr Revue: SA Champs - Randburg
|
Donderdag: 29 Augustus NB: MAANDAG ROOSTER Snr Revue: SA Champs – Randburg Krieketliga
|
Vrydag: 30 Augustus Angelsdag – Stuur asb ʼn produk indien u kan Gholf: Oefening Village Klub Centurion Krieketliga
|
Senior Revue: Kaleidoscope rondte 2
|
Ainos: Lewende Woord: 8:15
|
|
|
|
|
|
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
|
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.
|
|
|
|
|
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
|
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Akademie: Top 10 Leerders – Tweede Kwartaal:
|
Graad 4 1 Nicole Smuts 2 Louis Deist 3 Lika de Jongh 4 Carlien Pretorius 5 Elané Botha 6 Dillon Maré 7 Carlo Smuts 8 Lyla Dercksen 9 Layla Hunter 10 Daniël Erasmus
|
Graad 5 1 Kayla Borstlap 2 Marna du Plessis 3 Ané Bester 4 Alexa Nel 5 Ethan Martin 6 Juan Prins 7 Emma de Swardt 8 Zander du Toit 9 Daniélle Mans 10 Joanie Coetsee
|
|
|
|
Akademie: Top 10 Leerders – Tweede Kwartaal:
|
Graad 6 1 Iddo van Daalen 2 Tiana Swart 3 Anushka Greybe-Woeke 4 Andrea Tselepis 5 Christian Deist 6 Elizma le Roux 7 Luan Williams 8 Wian Swanepoel 9 Anna-Belle Pieterse 10 Jacques Faure
|
Graad 7 1 Anri de Villiers 2 Anouk J van Rensburg 3 Jadon McDonald 4 Sumari Lourens 5 Carli Jordaan 6 Mia Vetter 7 Katja de Jongh 8 Kelsey Smith 9 Kaylie Carstens & Petrus van der Merwe 10 Annabel Mosdell
|
|
|
|
Baie geluk aan Claresa Swanich wat Erekleure vir
|
|
|
|
|
AUGUSTUS VERJAARSDAE
|
|
|
|
|
|
Uitkomtye
Graad 1 - 13:00 Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00) Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00) Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)
|
IS U SKOOLFONDS IN ORDE?
|
|
|
|
|
|
Hek 4 in Blackwoodstraat
TYE
Maandae tot Vrydae:
07:00 – 07:35
Maandae tot Donderdae:
12:45 – 13:50
|
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.
|
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
|
|
|
|
|
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
|
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
|
|
VOORSTELLE: Angelprodukte: Gr R Enige nie-bederfbare produkte Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
|
Alle Grade Finansiële bydrae
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
|
|
|
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
|
|
|
|
|
|
|
AUGUSTUS - WEEK4
Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap.
|
Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.
|
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie .... die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
|
Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Nehemia 8:10 – Die vreugde van die Here is my beskerming.
|
|
|
|
|