HENNOPS NUUSBRIEF: 28 MEI 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Dis eksamentyd. ‘n Tyd van frustrasie vir baie ouers, maar terselfdertyd ‘n opwindende fase in ‘n kind se akademiese lewe. Hierdie is ‘n tydperk waartydens kinders onvervangbare lesse leer – lesse van hoe om druk te hanteer, lesse van hoe om gefokus te bly op een ding op ‘n slag, en waardevolle lesse oor hul eie vermoëns – waarmee hulle goed is, en waarmee nie.
Ek dink gewoonlik dat eksterne druk misplaas is in die meeste gevalle wanneer ons eksamenuitslae ontleed – alles fokus op (goeie) prestasie, en strategieë word uitgewerk om swakker prestasie te verbeter. Hoërskole word beoordeel op grond van hul matriekuitslae, sonder inagneming van die wesenlike en unieke invloede waaroor ‘n skool geen beheer het nie.
Dit voel dikwels vir my dat by laerskole, aan die ander hand, daar selfs MEER druk is om een van die topleerlinge te wees. Ek dink regtigwaar dat dit ook so was by hierdie laerskool van ons. Baie van daardie druk het gekom van ouers wat wil sien dat hulle kinders goed vaar, maar definitief ook van die skool se kant af. Wanneer ‘n skool slegs erkenning gee aan hulle top-akademiese presteerders, breek dit baie kinders wat nie in daardie groep figureer nie, se moed. As ek weet ek kan nie teen Usain Bolt kompeteer nie, gaan ek mos nie probeer om hom te wen nie. Maar as ek besef ek hardloop nie teen Bolt nie, maar teen myself, en dat ek moet probeer om my tyd in die 100 meter te verbeter, kan ek mos harder werk en oefen.
Ek het Dinsdag vir die kinders in die Saal gesê dat ELKE leerling in ons skool word slegs aan homself gemeet. Natuurlik gaan ons akademiese spanne aankondig – hulle het hard gewerk daarvoor. Dis vir my heerlik om te hoor dat ‘n kind vir my sê dat hy streef na die brons-, of enige ander akademiese span. Dit is ‘n positiewe aansporingsmiddel, en die kinders “embrace” dit. Natuurlik moet ek die kinders vereer en erken wat uitstekend vaar, veral die Top 10-outjies, want hulle het bitter hard gewerk daarvoor. Maar meer eer en erkenning moet gaan aan daardie outjies wat, soos ek, maar gemiddelde akademici is.
My ooreenkoms met ALMAL is dat elke kind wat sy gemiddelde persentasie in hierdie eksamen met 5% kan lig, sal voor die hele skool – op die verhoog – erkenning kry. Of sy gemiddeld nou 40 of 50 is, maak nie saak nie. As ‘n kind homself verbeter, moet hy daarvoor vereer word. By Hennopspark sal ons dit doen.
Ons gaan die akademiese spanne ook aankondig. Maar die ouens wat hulself verbeter het, sal op die verhoog staan, en die grootste applous kry. Daardie Jannies wat hard moes werk – dalk selfs harder as die Usains – om hul gemiddeld noemenswaardig te verbeter. Dis baie moeiliker vir ‘n ou soos ek om beter te presteer, omdat my parameters van talent heelwat nader is aan mekaar as sommige ander ouens s’n. Daarom moet my “effort” dalk 200% wees om dieselfde verbetering te behaal as ander ouens wat dalk 100% beter moet voorberei.
Dit is ons ouens – ouens wat gemiddeld is, maar weet van harder werk – wat kampioene van industrie word. Ouens wat kan vasbyt, en nooit moed opgee nie, en realisties is oor hul eie tekortkominge, raak innoverend en gefokus. Sulke ouens kom bo uit.
En die harde realiteit van die lewe, en van ons skool, is dat die meeste van ons is maar gemiddelde ouens. So, liewe ouers, moet nie te veel druk op julle kinders plaas om beter as die bure se seuntjie te vaar nie, wat nog te sê van die nefies en niggies! Wees net trots op jou kind. As hy weet jy is trots op hom, sal hy vrede maak met sy eie tekortkominge, waarvan hy maar al te bewus is. As hy weet jy is rots op hom, is alles okay. Hy is gelukkig en tevrede.
Elkeen in ons skool is ‘n champion, ‘n superhero, ‘n yster. Ek is dankbaar om met sulke kinders ‘n pad te kan stap. Sterkte met die leerwerk! Genoegsame voorbereiding is genoeg, en goed genoeg.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
Donderdag 23 Mei
Eksamen in Toetsperiode
Mini-Netbal teen Elarduspark – weg

Vrydag 24 Mei
Krieketproewe: 0/10: 15:45 – 17:00
Krieketproewe: 0/8 – 0/9: 3:30 – 15:30
Hokkie vriendskaplik
Sagtebalproewe

Saterdag 25 Mei
Hokkie vriendskaplik
Bulletjierugby – Liga 5

Maandag 27 Mei
Eksamen – Skool kom 13:00 uit

Dinsdag 28 Mei
Eksamen – Skool kom 13:00 uit
Rugby en Netbal: Wierdapark – weg
Hokkieliga: Southdowns

Woensdag 29 Mei
Eksamen – Skool kom 13:00 uit
Skaakliga

Donderdag 30 Mei
Eksamen – Skool kom 13:00 uit
Hemelvaart (Geen sport)

Vrydag 31 Mei
Eksamen – Skool kom 13:00 uit
Netbal: Tshwane uitspele – Midstream
Hokkie

GELUKWENSINGS

SPORT_TILE EN IMAGE

Muurbal

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die
NJSA Spanne:
0/13: A-span: Frederik Botha
0/13: B-span: Reuben Arnoldi
0/11: C-span: Dewan Borstlap
ONS SKOOL_TILE EN IMAGE

EREKLEURE

Baie geluk aan die volgende seuns wat Erekleure vir Dienslewering ontvang het:
Henko Joubert
Johann Barnard

facebook cover 20190-5 MEI.geduld

MEI VERJAARSDAE

2 Chelsea Grundlingh
4 Teresa Fouché
7 Mardine Laubscher
8 Yolanda van Heerden
10 Caroline McDonald
24 Chani Thackwray
26 Nadia (v Rooyen) Pretorius
26 Maryke van Nieuwenhuizen
29 Ruan Swanepoel

JUNIE VERJAARSDAE

1 Estari Nel
4 Su-Marie Wentzel
11 Melanie Geldenhuys
12 Magda Opperman
15 Chris du Preez
16 Marina Viljoen
21 Louisa Redelinghuys
23 Cecilia Meyer
24 Amanda Bezuidenhout
28 Ruan Venter
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb. ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

Gholfdag2019
ENTRdag2019
Email generator add
pjc1
pjc2
MCVDBerg
Complete Swimming flyer
HENNOPSPARKx5 - Woonhuis. R1 920 000. Sonnig. Ten volle geteël. (H)286 m², erf 1500m². 4slp, 2½bdk, 2 leefareas, eetkamer, oopplan kombuis, aparte waskamer, dbl. m/h. Direkte toegang in huis. Buitekamer met aparte wasbak, aparte stort en aparte toilet. Swembad. Gevestigde tuin. Elektrisiteitsmeter. Loopafstand na skole en roete toeganklik.
Kontak Paula 0824631551. Aleron Real Estate.

Paula Badenhorst
Sel / Cell: (+27) 82 463 1551

aleron_logo
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

Johannes 14:2
“Ek gaan om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan het ... kom Ek terug en sal julle na My toe neem”.
Johannes 15:7
As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Jakobus 1:5
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Johannes 14:6
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”.
Jakobus 5:16
Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking. Junie
facebook instagram