HENNOPS NUUSBRIEF: 12 APRIL 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Julle sal al dink dat ek slaan die hele tyd die sosiale media-platform omdat ek niks anders het om te sê nie! Dis dalk selfs waar – maar hierdie moet ek met u deel. Ek het dit raakgelees in Beeld van 9 April, en besluit dat ek u moet inlig daaroor. Liewe ouers, vergewe maar as julle voel daar word vir julle gepreek asof julle nie weet hoe om julle kinders groot te maak nie. Dit is glad nie die geval nie – ek deel hierdie met julle omdat ek dink dis dinge wat julle moet weet. So – use it/don’t use it.

Uit: Beeld, 9 April 2019. Berig geskryf deur Petrus Malherbe
“Jy het dalk al gehoor hoe jou 14-jarige sussie en haar vriendinne vir mekaar vra of hulle dié of daai video op TikTok gesien het. Dalk het jy gedink dit is ‘n kodewoord vir ‘n nuwe soort gier op Instagram of – behoede ons – die naam van ‘n soort dwelm.
So erg is dit darem nou nie. TikTok is ‘n betreklik nuwe sosiale netwerk wat tieners behoorlik op hol jaag. Laat staan facebook, Instagram en selfs Snapchat – as jou tiener verknog is aan sy of haar selfoon, is hulle waarskynlik besig op TikTok. So wat moet jy van hierdie platform weet, en is daar rede tot kommer?
Dit is ‘n sosiale mediaplatform waarop gebruikers kort musiekvideos kan maak en deel. Dit is soos karaoke op jou foon. Dit is veral gewild onder jongmense wat kort videos maak van hoe hulle met hul gunsteling liedjies saamsing. Elke video is 15 sekondes lank en nes Instagram en Snapchat kan jy allerhande filters aanbring. Soortgelyk aan hierdie platforms is daar op TikTok ook die opsie dat jou volgelinge regstreeks kan kyk hoe jy sing.
Die liedjies waarop jy kan sing, is by die app ingeluit. TikTok het byna oornag ongelooflik gewild geword, en het in minder as ‘n jaar meer gebruikers gekry as Twitter en Snapchat saam. Dit is ook reeds ‘n geruime tyd een van die gewildste apps in sowel die Apple- as die Google Playwinkel.
Dit klink onskadelik genoeg om net ‘n kort musiekvideo te maak, maar ongelukkig het TikTok ook ‘n donker kant. As ‘n reël kan enigiemand jou videos op TikTok kyk en daarop kommentaar lewer. Dit maak dit natuurlik maklik vir pedofiele en ander seksuele teisteraars om na minderjariges uit te reik en onvanpaste kommentaar op videos te lewer. Trouens, die BBC het in die afgelope drie maande ondersoek ingestel na die verspreiding van hierdie soort kommentaar op die platform, en gesien dat TikTok te min doen om sy jong gebruikers teen sulke mense te beskerm.
Die platform is gevolglik nou net beskikbaar vir mense ouer as 13 jaar, en het streng reëls oor kommentaar wat gebruikers probeer uitlok of in gevaar stel. Volgens die BBC word die meeste sulke kommentaar binne 24 uur verwyder sodra iemand dit aanmeld, maar dit beteken die jongmens het dit reeds gesien.
Die probleem word vererger deur die feit dat TikTok geen verifikasie van ‘n mens se identiteit vereis wanneer ‘n nuwe profiel geskep word nie. Jy kan ook verskeie profiele skep en hoef nie jou regte naam te gebruik nie. Dit maak dit maklik vir die “kieme van die samelewing” om verskeie rekeninge te skep sodat hulle hul bedrywighede kan voortsit, al word hulle geblokkeer. Sulke mense kan ook ongevraagde boodskappe aan kinders stuur indien die kind se verstellings dit so toelaat. Nog ‘n probleem is dat sommige gebruikers onvanpaste inhoud, soos geweld, seksuele inhoud en vuil taal oplaai.
TikTok het nog nie ‘n manier gevind om dié soort inhoud van hul gebruikers te weerhou nie, wat beteken dat gebruikers van baie jong ouderdom kan aan eksplisiete inhoud blootgestel word.
Eric Fan Kin-man van die Hongkongse Federasie van inligtingstegnologie het aan South China Morning Post gesê TikTok doen te min om kinders se veiligheid te verseker. Hoewel die platform ‘n ouderdomsperk van 13 het, meen Kin-man daar is verskeie gebruikers jonger as dit, omdat gebruikers nie hul ouderdom hoef te bevestig nie.
Ouers word aangeraai om te kyk wat hul kinders op die platform plaas, en waarna hulle kyk. Nóg ‘n belangrike stap is om jou kind se profiel as privaat te stel, wat beteken dat slegs mense wat jy en jou kind ken, kan na hul videos kyk.
Private rekeninge kan wel nie aan duette (saamsing met ander) deelneem nie, en jou kind mag dalk voel sy ervaring op die platform is nie meer so wonderlik nie, maar dit is beter vir hul eie veiligheid. Maak seker jy skakel die funksie af waarvolgens die app jou kind se ligging kan nagaan sodat jou adres nie per ongeluk aan iemand verklap word wat dit nie moet sien nie. Kyk ook wie jou spruite op TikTok volg. Verwyder riskante rekeninge van hul lys om te help verseker dat hulle nie aan onvanpaste inhoud blootgestel word nie.”

#Het jy ‘n kind wat aktief is op TikTok? Is jy bekommerd oor hom of haar? U kan met Petrus gesels per e-pos by petrus.malherbe@24.com

Ouers, jou kind se digitale profiel en -blootstelling moet beskerm word. Net jy kan dit doen. Wees liewer veilig as om te probeer cool vir jou kind wees. Ouers was nog nooit cool vir hul kinders nie, en dit gaan beslis nie nou verander nie.

Liewer Bang Jan as Dooie Jan, het my pa altyd gesê.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
Donderdag: 11 April
Rugby Wyksproewe
Hokkieproewe: 0/13 S en D - Southdowns

Vrydag: 12 April
Redenaars: ATKV: Eerste Rondte
Senior Revue oefenmiddag: 14:00 – 16:30
Netbal: GSS Proewe: 0/12

Saterdag: 13 April
Junior Revue oefendag: 9:00 – 14:00
Redenaars: ATKV Eerste Rondte
Maandag: 15 April
Voortrekkers: Spanvergadering No 8: 17:00

Dinsdag: 16 April
Netbal teen Menlopark – Tuis
Mini-Hokkie begin: 17:00 – 18:00
Musieksterre Senior Oudisies: 14:00 – 16:00

Woensdag: 17 April
Skaakliga
Oueraand: Intersenfase (Gr 4 – 7): 18:00 – 19:30
Ons nooi u almal uit om die oueraand by te woon, indien u ʼn onderwyser wil kom spreek aangaande u kind se akademie of enige ander probleme wat u ondervind.
Ons doen ʼn beroep op u om die gesprekke maar kort te hou sodat almal ʼn geleentheid kan kry.

Donderdag: 18 April
Saal: Paasdiens
Angelsdag: Stuur asb produkte indien u kan

Vrydag: 19 April
Vakansiedag: Goeie Vrydag

Maandag: 22 April
Vakansiedag - Familiedag
facebook cover 20190-4 APR.vreugde

VERJAARSDAE

APRIL:

3 Twanette de Jager
6 Henrietta Schuld
9 Lize-Mari du Toit
10 Jannezelle Gamble
12 Bernise Odendaal
13 Juliet Horne
15 Ronel Mulder
23 Retha Nel
27 Antoinette Grobler
27 Linda van der Linde
28 Jan Coetzee
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD2 feb 2019
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

Eagles Pamphlet A 2019
MCVDBerg
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 2 - APRIL
2 Korintiërs 5:21 - Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Kolossense 2:14 - Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
Kolossense 3:2+3 - Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe en julle lewe is saam met Chistus verborge in God.
2 Korintiërs 5:17 - Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Efesiërs 3:12 - In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.