HENNOPS NUUSBRIEF: 22 Februarie 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Saal: Ons het verlede Vrydag ons laaste Terreinvergadering gehou. Die saal sal weer in gebruik wees op 27 Februarie. Aan die einde van hierdie projek wil ek graag die volgende mense bedank:Saal: Ons het verlede Vrydag ons laaste Terreinvergadering gehou. Die saal sal weer in gebruik wees op 27 Februarie. Aan die einde van hierdie projek wil ek graag die volgende mense bedank:
  • Die Beheerliggaam onder leiding van James Stokes wat geluister het na die behoefte van die skool vir ʼn groter saal waarin 1000 kinders met ʼn gemak kan sit.
  • Die Argitek, Peter Williams vir sy uitstekende ontwerp wat twee kleingroep Wiskundeklasse insluit asook ʼn oopplan kantoor waar die ou projektorkamer was. Hy het ook toesig gehou gedurende die projek.
  • Jumbo Konstruksie en in besonder Jan van Heerden, Isak en Hans vir uitstekende werk gelewer.
  • Quintin (Bourekenaar) en Wierda Elektries Kontrakteurs
  • Etienne de Kock, Siviele Ingenieurs
Laboratorium: Ons spog ook nou met ʼn “nuwe” opgeknapte Laboratorium in 2de Laan asook 5 mini-laboratoriums in 5de laan. Dit gaan beslis tot groot voordeel van die leerders gebruik word.
Kultuurweek: Ons leerders het met groot entoesiasme deelgeneem aan ons Kultuurkarnaval. Daar was ʼn groot aantal deelnemers en al die afdelings is goed ondersteun. Die Hoofaand vind op 13 Maart in ons “nuwe” saal plaas. Dankie aan Ané Kunzmann en haar span vir die reëlings.
Atletiek: Geluk aan al ons atlete wat deelgeneem het aan die Cluster. Ons die Cluster gewen – uitstekende prestasie. Dankie aan Juf Rhoda Andrews en mnr Rohan Ströh en al die afrigters, asook buite-afrigters, vir hul toewyding aan ons atlete. Sterkte aan al die atlete wat deurgaan na die Streek.

Ons hoof, mnr Raath, kry ook die toekenning vir kreatiwiteit met sy Video-klas vir die Graad 7’s.

Darius Steyn

Snr. Adjunk Hoof Laerskool Hennopspark


Donderdag 21: Feb
Toets Rugbyproewe: 0/10 – 0/13 Netbal Doelkursus: 0/10 en 0/11: 14:00 Netbal Doelkursus: 0/12 en 0/13: 15:30

Vrydag 22: Feb
Netbal: Best of the West
Swem: Friendly Friday
Bulletjie Rugby: Slaap op Rugbyveld – Pa en-seun-aand
Voortrekkers: Penkop en Drawwertjie Kamp: Vertrek 15:00

Saterdag 23: Feb
Netbal: Best of the West
Atletiek: Distrik - Pilditch
Maandag 25: Feb
Tennisliga Netbalkursus: 0/9 – 0/10
Voortrekkers: Spanvergadering: 17:00

Dinsdag 26 Feb
Toets Netbalkursus: 0/9 – 0/10
Atletiek: Cluster atlete: Meriete Oggend: RHK Swem: B-Liga by Hillcrest: 11:00

Woensdag 27 Feb
Ainos oefening begin
Aanlegtoetse: Gr 7

Donderdag 28 Feb
Toets
Rugbyproewe: 0/10 – 0/13
Netbal: Doelkursus

Vrydag 28 Feb
Toets
Netbal Distrikproewe: 0/12 en 0/13

Saterdag 29 Feb
Blougolfdag en Angelsdag: Stuur asb ‘n produk indien u kan
Atletiek: Gissa – Ruimsig
Swem: Friendly Friday
2.FEB.liefde

V E R J A A R S D A E

------------------------------------------------------------------


  • 1 Petro Pankhurst
  • 4 Charmaine Schoeman
  • 5 Karin Lourens
  • 9 Liezel van Zyl
  • 14 Linda Schroeder
  • 14 Dinah-Anne Claassen
  • 15 Alice Maree
  • 16 Ronel du Randt
  • 19 Erna de Bruin
  • 19 Chantel Deyzel
  • 23 Kotie van Zyl
  • 23 Lynette Smit
  • 4 MAART - Benedette van der Westhuizen
SPORT_banner images with link 1600x300
H_ATLETIEK_BRIEFHOOF

Baie geluk aan al ons atlete.

Ons het die Cluster gewen!
Baie sterkte aan al ons atlete wat deurgaan na die Distrik.

H_KAALVOET_BRIEFHOOF
Baie geluk aan Michelle Wakeford wat 2de by die Interskole
Boogskiet kompetisie in die junior dogters afdeling geëindig
het. Sy was ook algeheel 2de vir die juniors.
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


DRINGENDE VERSOEK

Ons versoek u vriendelik om asseblief BY DIE KOSKAS, of OP DIE PAWILJOEN vir u kinders te wag as u hulle kom haal. Probeer asseblief u tyd so beplan dat u nie vir ‘n uur hoef te wag vir u kind nie. Kom dalk ‘n bietjie later, dan spandeer u baie minder tyd hier by die skool.

Wag asseblief buite die skoolterrein vir u kind totdat ons die hekke oopmaak. Wanneer ons die hekke oopmaak, is u welkom binne die skoolterrein. Terwyl die hekke toe is, is die skoolterrein net vir die kinders en personeel van die skool. Moet asseblief nie vir Andre onder druk plaas om vir u oop te maak nie. Moet asseblief nie vir hom of enige ander sekuriteitspersoon omkoop (sjoe, dis darem ‘n lelike woord!, maar dit is presies wat dit is) om u voor die tyd toe te laat om in te kom nie.

My belofte aan u as ons ouers was nog altyd dat enigiemand wat die veiligheid van ons kinders en personeel in gevaar stel, onmiddellik afgedank sal word. Dit geld vir onderwysers, alle personeel, en veral ons veiligheidsmanne. Ons vertrou ons veiligheidsmanne om ons kinders veilig te hou. As hulle die hekke vir mense oopmaak op tye waar hulle nie hier hoort nie, dra hulle nie ons kinders se veiligheid op die hart nie. En dit sal nie geduld word nie.
Ek glo u verstaan. Ek hoop u verstaan. Ek hoop u sal ons help. GEEN UITSONDERINGS NIE.”


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
OPEDAG2019 fbevent
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Groenteblikkies, vleisblikkies, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, Koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD2 feb 2019
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

OPEDAG2019 fbevent
Pinsel art Studio - Pamflet 11.01.19 A
BARLOWORLD feb 2019
MCVDBerg
VOORSTREKKERS2
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 4 - FEBRUARIE

Sefanja 3:17
Die Here jou God is by jou, Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in Sy liefde, Hy jubel en juig oor jou!

1 Johannes 3:1
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.

Efesiërs 3:19
Mag julle Sy liefde ken: liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Romeine 5:8
God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 1

Johannes 4:8
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.