HENNOPS NUUSBRIEF: 25 JULIE 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ek het onlangs persoonlik ‘n besonder aangename ervaring in die Saal gehad. Op ‘n stadium verlede kwartaal het ek met die senior kinders ‘n ooreenkoms aangegaan – ek het belowe dat ek ELKE kind van Graad 4 tot Graad 7, wat hul gemiddeld van die eerste kwartaal met meer as 3% verhoog in die Junie-eksamen, op die verhoog te roep en elkeen van hulle geluk te wens met daardie prestasie – voor die hele skool.
Daar was amper 100 kinders wat hiervoor gekwalifiseer het. Ek het die voorreg gehad om ‘n baie groot getal kinders (van Graad 4, 5 en 7 – die Graad 6’e sal by die volgende Saalbyeenkoms hulle beurt kry) te kon voorstel aan die res van die skool – nie omdat hulle noodwendig so uitmuntend presteer het nie, maar omdat hulle ‘n “effort” ingesit het. En nou pluk hulle die vrugte daarvan.
Ek wil mooi verduidelik: ons mensdom erken mos maar gewoonlik net die ouens wat die heel beste vaar – die ouens in die Top 10, ensovoorts. Maar nie almal van ons kan in die Top 10 wees nie. Ek, my vrou en albei ons kinders was maar altyd hier in die middel rond. My kinders moes hard werk om goeie punte te kry, en was nooit in hulle laerskoolloopbaan onder die toppresteerders nie.
Ek en Marinda was altyd baie trots op hulle punte – hulle was gemeet aan hulleself, en nie aan ander kinders nie. So hulle mededinging was met hulleself – soms met mekaar, wat ons baie mooi moes bestuur – maar hulle prestasie is altyd gemeet aan hulle eie punte in vergelyking met die vorige kwartaal. Soms moes ons hard praat, en ander kere was ons uiteraard baie tevrede.

Ek sê altyd: As jy net 50% kán kry, en jy kry dit, verdien jy ‘n goue medalje. Daardie kinders op die verhoog, net soos al die ouens wat baie hoë punte behaal het, kry elkeen ‘n goue medalje. Ons is net so trots op hulle soos op al die outjies wat toppresteerders is.
Ons gaan nie die toppresteerders afskeep nie – hulle het net so hard gewerk om daai goeie punte te behaal, en hulle sal vereer word daarvoor, want hulle verdien al die lof wat hulle ontvang. Maar die ouens wat, soos ek, ook hard gewerk het, en wie se punte hulle effort weerspieël, sal ook geëer word.
Dis daardie gemiddelde leerlinge, wat dalk harder as die meeste ander moet werk vir hul punte, wat die meeste beïndruk. Dis hulle wat bo uitkom, want hulle weet wat dit vat. Hulle het wat dit vat.
Geluk aan elke kind in hierdie skool wat sy/haar Godgegewe vermoëns so goed as moontlik gebruik het. Laerskool Hennopspark eer jou – jy is ‘n yster!!

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 25 Julie
MIni-Hokkie oefening
Kriekietliga
Geesvang vir Kaskar
Groot FM
Angelsdag: Stuur asb produkte indien u kan

Vrydag: 26 Julie
Hokkieliga
Netbal: SASN Kampioenskappe - EG Jansen
Krieketliga
Landloopliga: Vissershoek

Saterdag: 27 Julie
Landloop: Super 12 – Konka
Netbal: SASN Kampioenskappe - EG Jansen
Skaak:D4 uitspele – Afrikaans Meisieshoër
Sondag: 28 Julie
Ainos: Doxa Deo Raslouw (7:45)
Maandag: 29 Julie
Ainos: Staatsteater
Krieketliga

Dinsdag: 30 Julie
Sagtebal: teen Pretoria Oos – Tuis (0/10 – 0/13)
Krieketliga
Mini-Hokkie oefening
Oueraand Seniorfase (op uitnodiging): 18:00 – 19:00

Woensdag: 31 Julie
Krieketliga

Donderdag: 1 Augustus
Toets: Engels
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga

Vrydag: 2 Augustus
Kaskardag en Bloulympics
Krieketliga
Hokkieliga

Saterdag: 3 Augustus
Hokkieliga
Snr Revue TYAF Staatsteater
Snr Koor TYAF Staatsteater
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
SPORT_banner images with link 1600x300
STOEI
Baie geluk aan Jaun Hugo wat 5de uit 9 stoeiers geëindig het by die ISF “Combat Games” in Hongarye.

AKROBAAT
Baie geluk aan Mieke Kruger wat ʼn 2de plek in haar groep (Level 9) (13 – 16 jaar) verwerf het by die GN AkrobaatKampioenskappe. By die SA;’s het sy ʼn vierde plek ontvang.
facebook cover 20190-7 JULIE integriteit

JULIE VERJAARSDAE

6 Johnny Schroeder
12 Tania Meyer
15 Hannelie Taljaard
18 Werner van Rooyen
20 Bianca Kramer
26 Elize Jonker
28 Bernice Mouton
31 Seugnet Steyn
31 Alta Coetzee


AUGUSTUS VERJAARSDAE

2 Erika Doubell
2 Annelize van Niekerk
6 Sanette van Niekerk
8 Adriaan Pretorius
11 Jacolene Smit
12 Nonnie Koch
12 Luan van der Schyff
13 Tanya Lombard
16 Rhoda Louw
17 Liezl Grobler
20 Mariaan vd Westhuizen
20 Coleen Pelser
23 Carla Stevens
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
myschoolmandela
makro4
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
Email generator add
makro1
makro2
pjc1
pjc2
Minika Advertensie
Skoolgereedheid_3de kwrt
EaglesPamphlet A 2019
Teachers_day_Landing_1
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

JULIE - WEEK4

Jesaja 42:6
Ek is die Here. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou ... my lig vir die nasies.
Filippense 4:13
Ek is tot alles instaat deur Hom wat my krag gee.
1 Korintiërs 10:13
Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie.
Romeine 8:15
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; ...
Romeine 8:15
... julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
facebook instagram