HENNOPS NUUSBRIEF: 7 MAART 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Ek weet dat ek nie die beste pa was wat ek al gesien het nie. Ek dink my pa was die beste pa ooit. Maar ek het dinge op my eie manier gedoen – was maar lekker eiewys, en wou niks doen soos my pa nie. Ek wou die beste pa wees, maar op ‘n ander manier as my pa.
My bedoelings was egter edel. Ek wou vir my kinders net die beste gee. Ek wou hulle ten alle koste beskerm teen hartseer en ongelukkigheid. Dit het ongelukkig meegebring dat ek besonder oorbeskermend was – ek weet dit. My kinders en veral my vrou het dit vir my gesê. Voel ek sleg daaroor? Dit klink dalk so, maar nee, ek voel nie sleg daaroor nie. Solank ek weet en glo dat ek die beste gedoen het wat ek kon, -en steeds kan-, is ek tevrede. Ek was nie die coolste pa nie. Ek het streng reëls vir my kinders gehad. Maar dit was alles omdat ek nie mense vertrou het nie (of dalk eerder hulle intensies nie).
Ek onthou goed hoe baie ek oor die gevare van mxit met die kinders gepraat en gepreek het. Ek het hulle selfoontyd en –gebruik soos ‘n polisieman gemonitor. Hulle was nie baie beïndruk daarmee nie, maar dit het my nie ontmoedig om seker te maak my kinders word nie deur kieme van die samelewing negatief geraak nie. Ek sal eerder dat my kinders nie baie van my hou nie, maar beskerm word, as dat hulle dink ek is cool genoeg om hulle blindelings te vertrou, en dan later sit met ‘n kind wat amper deur ‘n rotter vernietig word.
Ek gaan reguit met u praat. U kind word ongelooflik blootgestel aan al die skuim van die samelewing elke keer as u hom toelaat om ongemonitor te doen wat hy wil wanneer hy u huis verlaat, of in sy kamer met sy foon speel. “Verveeldheid is die duiwel se oorkussing”, het my ouma altyd gesê.
Die feit dat u kind nog in die laerskool is, vrywaar hom nie van die slegte dinge in die lewe nie. Toe my kinders in die laerskool was, was daar nie goed soos internet en slimfone nie. Nou is daar vir u klein en naïewe kind om elke hoek en draai uitdagings wat hulle nie kan hanteer nie. Toegang tot inligting wat NIE tot hulle voordeel strek nie, en met GEEN remme op van waarna hulle kan kyk nie.
U móét u kind se selfoon monitor. U moet applikasies op u foon laai wat u in kennis stel wanneer hulle onveilige webtuistes besoek. U moet hulle selfoongebruik rantsoeneer. Veral deesdae is daar geen brieke aan waaraan mense op sosiale media blootgestel word nie. U moet onthou, u kind gaan elke dag aan ander kinders blootgestel word in wie se huise nie dieselfde waardes as in u s’n geld nie. Daar is kinders in ons skool, soos in elke skool, wat vieslike taal gebruik. Hulle hoor dit by hulle ouers – taal wat my hare laat rys, word elke dag in daardie kinders se huise gebesig, en hulle raak gewoond daaraan en gebruik dit self, al weet hulle nie noodwendig wat dit beteken nie. En u kind hoor dit, amper elke dag. Daarom moet u u elke dag met hulle praat oor hul dag, en hulle bemagtig om dit te kan hanteer indien nodig.
Daar is kinders in ons skool wat slimfone het met onbeperkte data daarop wat hulle mag gebruik nes hulle wil. Daar is kinders in ons skool wie se ouer boeties vir hulle allerlei vieslike dinge op die internet wys. En hulle wil dit graag aan ander kinders wys. As sulke goed aan u kind gewys word, gaan u bitter omgekrap wees. Maar ek sien elke middag as ek ry hoe groepies kinders rondom ‘n selfoonskerm by die naskoolsentrum drom. Waarna kyk hulle?
Daar is kinders in ons skool wat vir mekaar vra vir foto’s wat nie aanvaarbaar is nie. Dan word daardie foto’s gedeel met ander kinders, wat dit verder versprei, en voor ek my oë uitvee, sit hier ‘n pa in my kantoor wat woedend is omdat daar suggestiewe foto’s van sy dogter op sosiale media rondgaan. Gewoonlik dring daai pa daarop aan dat die seun wat die foto’s versprei het dadelik geskors word, maar hy vergeet dat sy eie bloedjie daardie foto van haarself geneem en aangestuur het. Net vir u kennis – ek dink ook ‘n seun wat sulke goed versprei moet geskors word. Daar is nie plek vir sulke mense in hierdie skool nie.
Om bogenoemde redes, is daar GEEN rede waarom enige kind met ‘n selfoon by die skool hoef rond te loop nie. Daar is GEEN rede waarom kinders tydens pouses of voor skool op hulle selfone besig te wees nie. Ek kan nie dink dat verantwoordelike ouers vir hulle sesjarige ‘n slimfoon hoef te gee nie – u is NIE cool as u dit doen nie. U gee vir u kind ‘n ploftoestel in die hand wat enige oomblik sy lewe kan vernietig – juis omdat u nie altyd daar is om te monitor nie. ELKE kind kan GRATIS sy ouers in die kantoor kom bel as hy sou wou. As hy dan sy selfoon nodig het smiddae na skool, kan hy mos sy foon dan eers gebruik – hy kan hom veilig in die kluis kom bêre tot na skool. As u tydens skooltyd met u kind wil praat, sal ek hom persoonlik by sy klas gaan haal en hom toelaat om u te bel.
Verstaan u my bekommernis? Ek gaan definitief nie uitgetrap word wanneer u kind homself met gemors besig hou op ‘n toestel wat u aan hom gegee het nie. Ek gaan GEEN verantwoordelikheid aanvaar vir wanneer u goed op u kind se selfoon sien wat nie aanvaarbaar is nie. Dit is U verantwoordelikheid om te sorg dat u kind veilig is ten opsigte van sy selfoongebruik.

Hier by die skool is dit MY verantwoordelikheid. En die enigste manier hoe ek dit kan voorkom dat u kind aan goed blootgestel word wat gevaarlik is, is om dit ten alle koste te vermy. Daarom, liewe ouers, as ek ‘n kind vang wat by die skool op sy selfoon speel tydens skooltyd (pouses ingesluit), en dit maak nie eens saak waarna hy kyk nie, gaan ek daai selfoon konfiskeer. Ek steel hom nie, ek hou hom in veilige bewaring totdat ek die versekering van u het dat selfoongebruik deur u kind in die toekoms op ‘n verantwoordelike, gemoniteerde manier gebruik sal word. Ek is ook nie bang dat enigiemand vir my gaan kwaad word nie – en as ‘n ouer wel vir my kwaad wil wees omdat ek nie selfoongebruik by die skool verdra nie, is dit ook reg so. ‘n Pa wat my wil bykom omdat ek sy kind se selfoon gevat het, is minder gevaarlik as ‘n pa wat my wil bykom omdat ek sy kind laat blootstel het aan die kieme van die samelewing.
Ek SAL u kind na die beste van my vermoë probeer beskerm teen sosiale mediateistering, maar u moet my help daarmee. ASSEBLIEF. U maak dit baie moeilik vir my om u kind te beskerm as u nie hierdie reëls onderskryf nie. So, die reël dat Laerskool Hennopspark steeds ‘n simkaart-vrye sone is, geld steeds. As u kind ‘n selfoon skool toe moet bring, sal ek dit veilig vir hulle bewaar tot die skool uitkom.
Ek verstaan die nodigheid dat u met u kind moet kan praat wanneer nodig, en ek respekteer dit absoluut. Maar daar is maniere – heel billike en suksesvolle en maklike maniere – om dit steeds te kan doen.

Help ons. Asseblief.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark

Donderdag 7 Maart
Foto’s: Gr 5 Individuele foto’s

Vrydag 8 Maart
Netbal: Sun City toernooi
Foto’s: Gr 6 Individuele foto’s
Super 12 Redenaars

Saterdag 9 Maart
Super 12 Redenaars
Jnr Revue oefendag: 9:00 – 14:00
Perdry: Qualifier 2
Bulletjie Rugby Karnavaldag
Maandag11 Maart
Voortrekkers: Kwartaal Afsluiting (Formele Kleredrag) en Jeugleierverkiesing
Individuele Foto’s: Gr 7
0/9 Rugbytoer
0/10 Netbal: Curro Hazeldene
Kleedrepetisie: Kultuurkarnaval: 18:00 – 20:00

Dinsdag12 Maart
Gr 7 Speletjiesdag
0/9 Rugbytoer
Kleedrepetisie: Kultuurkarnaval: 18:00 – 20:00
Individuele Foto’s: Afwesige leerders
Rugbyliga: 0/10 – 0/13 - Lynnwood

Woensdag13 Maart
0/9 Rugbytoer
Netbal: Tshwane proewe
Kultuurkarnaval Hoofaand

Donderdag14 Maart
0/10 Rugbytoer
GSF uitdeel van rapporte

Vrydag15 Maart
Skool sluit: 10:00
Netbal: 0.10 Middelburg

Dinsdag 2 April
Skool heropen

Donderdag 4 April
Gr R 2020 Inligtingsaand
Rugby: Wyksproewe: 0/12 en 0/13

Vrydag 5 April
Graad R 2020 Opedag
Jnr Koor oefenmiddag: 13:30 – 15:30

Saterdag 6 April
Rugby en Netbal: Super 12 – Tuis
Perdry Qualifier
facebook cover 20190-3 MRT.geloof

VERJAARSDAE

Maart:

10 Mnr Juan Parsons
13 Elize Mouton, Ilse Etsebeth, Yolanda Nell en Herma du Plessis
15 Kim Pretorius
18 Corné van Rijn
19 Shelise Cilliers
20 André le Roux
22 Liezal Steele
29 Claudette Brits
30 Adri van Eck, Marie Myburgh en Annelie Kleynhans

April

3 Twanette de Jager
6 Henrietta Schuld
SPORT_banner images with link 1600x300
H_SWEM_BRIEFHOOF

Erekleure Toegeken:

Swem: Xandri Fourie, Christian Esterhuysen, Migael Lindeque en Chris Smith

H_TENNIS_BRIEFHOOF

Erekleure Toegeken:

Nelia Hurter, Daniëlle v d Merwe, Joanei Crouse en Hanneke Kruger Wian van Schalkwyk, André Makkink, Neill Badenhorst en Christian Deist

LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
OPEDAG2019 fbevent
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Groenteblikkies, vleisblikkies, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, Koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD2 feb 2019
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

BARLOWORLD feb 2019
MCVDBerg
VOORSTREKKERS2
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 2 - MAART
Lukas 1:78 - Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan die wat in duisternis lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.
Jesaja 41:10 - Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas met my eie hand red Ek jou.
Galasiërs 5:25 - Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons
gedrag bepaal.
Efesiërs 4:1 - Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met
die roeping wat julle van God ontvang het.
Spreuke 16:3 – Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.