HENNOPS NUUSBRIEF: 17 MEI 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Dit is Kinderbeskermingsweek, en ons het dit afgeskop met met ‘n byeenkoms op die pawiljoen wat deur al ons kinders en personeel bygewoon is. Danie van Loggerenberg het ‘n praatjie oor kinders se veiligheid – op alle plekke en in alle omstandighede – gelewer, en baie mooi met ons gepraat oor boeliery. Die Polisie van Wierdabrug was ook daar om met die kinders te praat.
Vanmiddag het ek die Pretoria Hoofdekring se vergadering by die SAOU-Sentrum bygewoon, en dit was vir my verbasend hoeveel klem daar gelê is op boeliery. Dalk is ontstellend ‘n beter woord – dit is erg om te besef dat daar by sommige skole groot krisis is rondom hierdie saak.
Om afknouery te stop, is ‘n maklike taak. Die mense in beheer (in hierdie geval die skoolhoof en personeel van ‘n skool) moet net die WIL aan die dag lê om te erken dat afknouery ‘n realiteit is, en die INSIG hê om te verstaan dat dit lewens van kinders kan verwoes. Dan moet hulle ‘n besluit neem dat dit DADELIK en EFFEKTIEF aangespreek moet word.
Wanneer iemand geboelie word, is hy ‘n slagoffer. Daardie slagoffer moet dadelik bygestaan word. Politiek-korrekte optrede teenoor ‘n boelie het geen plek in die proses nie. In ons mooi land (en eintlik regdeur die wêreld) is almal bang om te verbaliseer hoe hulle voel oor iets wat hulle grief omdat hulle bang is die oortreder swaai die beskuldigende vinger om na hulle toe, en dan moet hulle hulself verdedig. Aanval is mos die beste manier van verdediging, want dit neem die fokus weg van die eintlike oortreding.
By hierdie skool word afknouers nie geduld nie. Ek het geen simpatie met die boelie se “redes” waarom hy ‘n boelie is nie. Sy optrede is onaanvaarbaar, en sal nie geduld word nie. Verstaan mooi – ek verag nie die persoon wat oortree nie. Ek verag sy optrede.
Die boelie is ook ‘n slagoffer, en moet gehelp word om in te sien dat sy optrede skade berokken, sodat die gedrag kan verander. Op laerskool kan ons dit nog doen – met groot sukses. Wanneer boeliegedrag vir te lank geïgnoreer word of ongestraf bly, manifesteer dit in volgehoue gedrag van dieselfde soort.
Ek sê weer: ons veroordeel nie die indiwidu nie, ons veroordeel sy gedrag en optrede.
Geen kind in Hennopspark mag afgeknou word nie. Ek moet dit dadelik weet as so iets wel gebeur. As ek nie weet nie, kan ek niks daaraan doen nie. So as u kind nie vir my wil of kan kom sê nie, moet u dit doen. Ek sal dit dadelik hanteer. Daar sal ook geen reperkussies na die tyd vir u kind wees as hy die boelie verkla nie – as die boelie hom weer afknou, soek hy vir hom ‘n ander skool.
Maar asseblief, los dit vir my. As u self die boelie konfronteer, gee u vir sy ouers ‘n geleentheid om u aan te val. Ek gaan geen ouer toelaat om u kind te konfronteer nie – en net so kan ek u nie toelaat om ‘n ander ouer se kind te konfronteer nie.
Wanneer ek met u sou moet praat oor u kind se gedrag, gaan ek nie die ander kind wat betrokke is, met u bespreek nie. Ek gaan ook nie, wanneer ek met sy ouers praat, oor u kind praat met hulle nie. Ek praat met ouers net oor hulle EIE kind, en hul EIE kind se gedrag. Ek hoop u verstaan dit. Dit is al hoe ek regverdig kan wees.
U kind hoef NOOIT bang te wees by hierdie skool nie. Ons sal hulle beskerm – veral teen afknouery. My eie kind is genadeloos geboelie op laerskool, en, as ek dit kan verhelp, sal dit nie met enige ander kind gebeur nie. Ek onthou goed hoe woedend ek was omdat daar destyds niks aan gedoen is toe ek dit kom aanmeld het nie. Ek het ook vir my kind gesê om “die ander wang te draai”, of dit “te hanteer met die minagting wat dit verdien”.
Maar dit het nie my kind gehelp nie. Ek wens ek het toe geweet wat ek nou weet. Dalk kon ek my kind baie hartseer gespaar het.
Geen kind mag ooit bang wees om skool toe te kom nie. GEEN kind nie. Kom ons help hulle sterk staan.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
Donderdag: 16 Mei
Toets: Wiskunde
Mini-Hokkie oefening
Rugby en Netbal teen Constantiapark - Tuis

Vrydag: 17 Mei
Sagtebalproewe: 0/10 – 0.13: 13:30 – 15:00
Hokkie Vriendskaplik
Redenaars: ATKV Semi-Finaal
ATKV Kore: Skuilkrans
Krieketproewe: 0/10: 15:45 – 17:00
Krieketproewe: 0/8 en 0/9: 13:30 – 15:30

Saterdag:18 Mei
Senior Revue: Oefendag: 13:00 – 17:00
Perdry Qualifier 4
Hokkie Vriendskaplik
Redenaars: ATKV Semi-finaal
ATKV: Junior Koor
Bulletjie Ligadag - Tui

Maandag: 20 Mei
Redenaars: Tweetalig Abe Bailey - Constantiapark

Dinsdag: 21 Mei
Rugby en Netbal teen Stephanus Roos - weg

Woensdag: 22 Mei
Netbal afrigtingskursus: 14:30 – 16:30
Skaakliga

Donderdag: 23 Mei
Eksamen in Toetsperiode
Mini-Netbal teen Elarduspark – weg

Vrydag: 24 Mei
Krieketproewe: 0/10: 15:45 – 17:00
Krieketproewe: 0/8 – 0/9: `3:30 – 15:30
Hokkie vriendskaplik
Sagtebalproewe

Saterdag: 25 Mei
Hokkie vriendskaplik
Bulletjierugby – Liga 5

GELUKWENSINGS

H_SNR_KOOR_BRIEFHOOF
Super 12 Koorkompetisie:
Baie geluk aan ons leerders.
Die Senior Koor het ‘n Silwer toekenning ontvang.

GELUKWENSINGS

H_JNR_KOOR_BRIEFHOOF
Super 12 Koorkompetisie:
Baie geluk aan ons leerders.
Die Junior Koor het ‘n Silwer toekenning ontvang.
facebook cover 20190-5 MEI.geduld

MEI VERJAARSDAE

2 Chelsea Grundlingh
4 Teresa Fouché
7 Mardine Laubscher
8 Yolanda van Heerden
10 Caroline McDonald
24 Chani Thackwray
26 Nadia (v Rooyen) Pretorius
26 Maryke van Nieuwenhuizen
29 Ruan Swanepoel
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

fik4
Gholfdag2019
ENTRdag2019
Email generator add
pjc1
pjc2
MCVDBerg
Complete Swimming flyer
HENNOPSPARKx5 - Woonhuis. R1 920 000. Sonnig. Ten volle geteël. (H)286 m², erf 1500m². 4slp, 2½bdk, 2 leefareas, eetkamer, oopplan kombuis, aparte waskamer, dbl. m/h. Direkte toegang in huis. Buitekamer met aparte wasbak, aparte stort en aparte toilet. Swembad. Gevestigde tuin. Elektrisiteitsmeter. Loopafstand na skole en roete toeganklik.
Kontak Paula 0824631551. Aleron Real Estate.

Paula Badenhorst
Sel / Cell: (+27) 82 463 1551

aleron_logo
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

MEI - WEEK 3

Lukas 15:10
Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Johannes 14:13
Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.

Lukas 19:10
Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.

Lukas 18:16
Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.

Johannes 11:25
“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook”.

facebook instagram