|
HENNOPS NUUSBRIEF: 18 APRIL 2019
|
|
|
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
|
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Liewe Ouers Hierdie naweek is Paasnaweek – op Vrydag vier ons die kruisiging van Jesus Christus, en op Maandag Sy opstanding uit die dood. Vir elke Christen het dit besondere waarde. Maar Goeie Vrydag is eers Vrydag – nie Donderdag nie. Ek moet vir u baie eerlik sê: ek ervaar baie groot frustrasie met ouers wat my in kennis stel dat hulle hul kinders vandag uit die skool gaan hou, want dis langnaweek. Of hulle moet hul kinders vroeër kom haal, want dis langnaweek. Elke Vrydag lyk dit na pouse soos Kaapstad-stasie in ons voorportaal soos ouers hulle kinders vroeg kom haal, want hulle gaan iewers heen vir die naweek. More gaan geen uitsondering wees nie – inteendeel, ek dink dit gaan erger wees. Ouers, hierdie skool sluit NIE vandag vroeër nie. Ons sluit gewone tyd – twintig minute voor twee. Ons gaan klasgee tot twintig minute voor twee. Ons skryf oor ‘n paar weke eksamen, en ons het baie werk om te doen voor dan. Ons verloor letterlik vyf skooldae hierdie kwartaal omdat daar so baie openbare vakansiedae is, maar ons eksamen moet steeds op die bepaalde tyd plaasvind. Daarom moet ons werk, soos voorgeskryf, klaar wees vóór die eksamen. Ek kan nie bekostig om kinders vroeg op vakansie te stuur nie. As u hulle uit die skool hou vir vakansie of langnaweek, aanvaar ek dit so – dis u keuse, en ek respekteer u reg om daardie besluit te maak. Maar dan moet u nie vir my of my kollega kom vra om die werk wat u kind gemis het omdat hy op langnaweek was, op ‘n later stadium te verduidelik nie. Daardie werk is reeds verduidelik. Laerskool Hennopspark sluit aan die einde van ‘n kwartaal om tienuur die oggend – ook net omdat ons moet. Ons sluit nie voor langnaweke vroeër nie – dit is onverantwoordelik, en geensins tot ons leerders se akademiese voordeel nie. As ander skole dit doen, is dit gaaf. Maar dit gaan nie hier gebeur nie. So moet my asseblief nie vra om u kind vroeg te verskoon sodat u die verkeer Limpopo toe kan mis nie – ek kan nie toestemming gee nie. Ek sal kennis neem van u versoek, en dan is dit u verantwoordelikheid. Ek moes ook al op ‘n Paasnaweek Limpopo toe ry – ek weet hoe erg daai verkeer is, so ek het simpatie met almal wat dit moet doen.
|
Dankie dat ek met u daaroor kan praat. Jammer as u nie my sentimente hieroor deel nie.
|
Mag die wonder van Goeie Vrydag – met alles wat dit regtig beteken vir elke kind van die Here – hierdie naweek vir u en u kinders baie beteken.
As u ry – ry asseblief veilig.
Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
|
|
|
|
|
|
Donderdag: 18 April Saal: Paasdiens Angelsdag: Stuur asb produkte indien u kan
|
Vrydag :19 April Vakansiedag: Goeie Vrydag
|
|
Maandag: 22 April Vakansiedag - Familieding
|
Dinsdag: 23 April Maandagrooster word gevolg Junior Musieksterre Oudisies: 14:00 – 16:00 Netbalafrigtingskursus: 14:30 – 16:30
|
Woensdag: 24 April Skaakliga
|
Donderdag: 25 April Rugby en Netbal teen Garsfontein – weg Mini-Hokkie: Ouervergadering: 17:00 Mini-Netbal teen Constantiapark - Weg
|
Vrydag: 26 April Mini-Hokkie Kliniek en Afrigterskursus Gr 1 en 2: 14:00 – 17:00
|
Saterdag: 27 April Vryheidsdag Mini-Hokkie Kliniek en Afrigterkursus Gr 3: 9:00 – 12:00
|
|
|
|
|
|
|
VERJAARSDAE
APRIL:
|
|
|
|
|
|
Uitkomtye
Graad 1 - 13:00 Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00) Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00) Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)
|
IS U SKOOLFONDS IN ORDE?
|
|
|
|
|
|
Hek 4 in Blackwoodstraat
TYE
Maandae tot Vrydae:
07:00 – 07:35
Maandae tot Donderdae:
12:45 – 13:50
|
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.
|
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
|
|
|
|
|
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
|
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
|
|
VOORSTELLE: Angelprodukte: Gr R Enige nie-bederfbare produkte Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
|
Alle Grade Finansiële bydrae
|
|
|
|
|
|
|
|
Hy is vanweë ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word.
|
Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes doo den kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God.
|
Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons da tons ook saam met Homs al lewe.
|
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
|
En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
|
|
|
|
|
|