HENNOPS NUUSBRIEF: 14 Februarie 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Dit is maar moeilik om mnr Raath se plek vol te staan maar omstandighede het dit nou so dat hy hierdie operasie moes ondergaan. Ons wens hom sterkte toe vir ‘n spoedige herstel.
Ek het vanoggend met hom gepraat. Die operasie was suksesvol en hy moet nou mooi na homself kyk tot en met die vakansie. Gelukkig is alles in plek by Laerskool Hennopspark en verstaan elke personeellid wat hom/haar te doen staan. Hennopspark is n geoliede masjien.
Die saalprojek is amper voltooi. Ons wag net vir die finale inspeksie van die Stadsraad. Almal sien met verwagting uit na ons eerste saalbyeenkoms.
ʼn Nuwe hekkie wat toegang tot die skool vanaf die Spar se parkeerterrein gee, is gebou. Daar is ʼn wag van die skool in spitstye. Dit vergemaklik die verkeer om die skool. Spar neem egter geen verantwoordelik vir u motor wat daar geparkeer word nie.
‘n Belangrike punt wat ek wil noem is die veiligheid van ons leerders. Tydens die Ouer Veiligheidsvergadering wat verlede Maandag gehou is, is die verslag van 2018 se Veiligheidskomitee in oënskou geneem. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die veiligheid van ons leerders die hoogste prioriteit in 2019 gaan geniet.
Met die oog hierop het ons gevra dat ‘n ingenieur die skoolgeboue en perseel ondersoek vir strukturele skade. Hierdie ondersoek het Dinsdag 12 Februarie plaasgevind en die ingenieur se verslag sal deur die Beheerliggaam bestudeer word en indien nodig, sal aksie onmiddellik geneem word.
Uitdagings vir 2019 waaraan die Veiligheidskomitee aandag gaan gee:
  • Verkeer in spitstye (wat ‘n uitdaging bly)
  • Dubbelparkering in Blackwood en Mopanistraat
  • Motoriste wat die verkeer blokkeer en vloei vertraag
  • Veiligheidstudie by Spruit langs skool
  • Selfone van leerders wat sigbaar is buite skoolterrein
  • Handsakke en skootrekenaars wat in motors gelaat word in parkeerarea
  • Smouse om die skool
  • Uitbreiding van 2de kamerastelsel
  • Stelsel word ondersoek om toegang vir leerders veiliger te maak
  • Motoriste wat op Padpatrollieoorgange parkeer.
U word uitgenooi om mnr Darius Steyn te kontak indien u wil dien op die skool se Veiligheidskomitee vir 2019

Darius Steyn

Snr. Adjunk Hoof Laerskool Hennopspark

Donderdag 14: Feb:
Rooster: Woensdag se periode 1 en 2
Kultuurkarnaval: Sang
Mini-Netbalproewe: 15:00 – 17:00

Vrydag 15: Feb:
Kultuurkarnaval: Stokperdjies, Handwerk, Versamelings
Valentyn Liefieloop

Saterdag 16: Feb:
Kultuurkarnaval: Jan Braai by Gr R Parkering
Snr Revue Oefendag: 13:30 – 16:00
Studiemetode kursus: 9:00 – 12:00 (slegs die wat bespreek het)
Maandag 18 Feb
Atletiek: Cluster – Midstream
Tennisliga
Voortrekkers: Spanvergadering: 17:00
BHL vergadering – 18:00 Raadsaal

Dinsdag 19 Feb
Toets: Graad 7
Rugbyproewe: 0/10 – 0/13

Woensdag 20 Feb
Rugbyproewe: 0/10 – 0/13
Netbal: Doelkursus

Donderdag 21 Feb
Toets
Rugbyproewe: 0/10 – 0/13
Netbal: Doelkursus

Vrydag 22 Feb
Netbal: Best of the West
Swem: Friendly Friday
Bulletjie Rugby: Slaap op Rugbyveld – Pa en-seun-aand

Saterdag 23 Feb
Netbal: Best of the West
Atletiek: Distrik
classdojo

ONTHOU OM GEREELD "CLASSDOJO" TE BESOEK!!

padpatrollie

SIEN VOORTAAN ALLE PADPATROLLIE OP DIE WEBWERF DEUR HIER TE KLIK, OF DIREK OP DIE WEBWERF TE KYK





BESIGHEIDSFORUM
sluit hier aan:
bf@hennops.com

2.FEB.liefde

V E R J A A R S D A E

------------------------------------------------------------------


  • 1 Petro Pankhurst
  • 4 Charmaine Schoeman
  • 5 Karin Lourens
  • 9 Liezel van Zyl
  • 14 Linda Schroeder
  • 14 Dinah-Anne Claassen
  • 15 Alice Maree
  • 16 Ronel du Randt
  • 19 Erna de Bruin
  • 19 Chantel Deyzel
  • 23 Kotie van Zyl
  • 23 Lynette Smit
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure
Uitkomtye:
Graad R en 1 12:00 tot 18 Januarie daarna om 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)

IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE
of kontak
ADMIN
FIK_banner images with link 1600x300
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Groenteblikkies, vleisblikkies, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, Koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
MySchool MyVillage MyPlanet Valentines_Day_Print Newsletter V.1
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

OPEDAG2019 fbevent
Pinsel art Studio - Pamflet 11.01.19 A
VOORSTREKKERS2
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 3 - FEBRUARIE

Efesiërs 3:17 - Ek bid dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees ... mag julle begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.
-
Filippense 1:9 - Ek bid dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.
-
Kolossense 3:13 - Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
-
Romeine 5:5 - God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
-
2 Korintiërs 5:14 - Die liefde van Christus dring ons, ...