HENNOPS NUUSBRIEF: 16 AUGUSTUS 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Daar is 57 Angelskinders in Hennopspark. Dit is kinders wie se ouers kwytskelding van hul skoolfonds gekry het, omdat hulle volgens die departement se skale daarvoor kwalifiseer. Hulle ouers verdien gesamentlik nie genoeg geld om skoolgeld te moet betaal nie.
Hulle ontvang dikwels ‘n kospakkie huis toe vir die hele gesin, en kry elke dag gesonde kos by die skool, wat gewoonlik ‘n toebroodjie, ‘n vrug, ‘n sappie en soms ‘n soetdingetjie bevat. Daar is by albei pouses iets vir hulle om te eet. Dit word moontlik gemaak deur skenking van ouers en ander weldoeners – die kos wat hulle by die skool kry, kom nie uit die skenkings wat ouers maak op Angelsdag nie – dit word vir naweekpakkies gebruik.
Uit die kontantskenkings wat ons ontvang, betaal ons vir Angelskinders se toere en ander noodsaaklikhede. Die sportkomitee van die skool hou ook elke jaar die Winter Classic gholfdag, waarna alles wat daar ingesamel word, ook aangewend word vir skooltoere van behoeftige leerlinge.
Van ons kinders moet medikasie gebruik, en soms ‘n dokter of tandarts besoek. Ons verwys ook leerlinge na opvoedkundige sielkundiges of arbeidsterapeute vir behandeling, wat uiteraard te duur is vir hul ouers om te betaal. Ons betaal daarvoor uit ons Angelsfonds.
Ons het ook enkele leerlinge wat Kumon of Leeslaboratorium toe gaan, en hulle kostes word deur die Angelsfonds gedek.
Ons begroot glad nie vir ons Angelsfonds nie – ons gebruik geen geld uit ons rekening daarvoor nie. Alles wat betaal moet word, word betaal uit gelde wat mense vir ons skenk – spesifiek vir die Angels. Ons mag nie ouers se skoolfonds gebruik om sommige leerlinge te subsidieer nie omdat dit teen die Skolewet is.
Nou ja, waarom hierdie lang relaas? Ons het u hulp nodig.
Ons Graad 4’s en Graad 6’e gaan eersdaags op hulle kampe. Net by die Graad 6’e is daar steeds 10 kinders vir wie ons nie betaling kan kry nie. Ons wil hulle nie graag van hierdie wonderlike geleentheid ontneem nie. Dit sal geweldig hartseer wees as daar kinders is wat nie kan gaan nie omdat hul ouers dit nie kan bekostig nie. Ons wil ook graag vir elkeen ‘n sakgeldjie gee sodat hulle ook iets by die snoepwinkel op die kampterrein kan koop.
Daarom neem ek die vrymoedigheid om u hulp te vra. As u enigsins kan, wil u dit nie oorweeg om ‘n paar rand te skenk om ‘n kind saam te laat gaan nie, asseblief? Ek voel soos ‘n skurk om te moet vra – ek weet u betaal reeds baie skoolfonds en ander dinge. Maar ek is desperaat genoeg om my trots in my sak te druk. Ons Angelsfonds raak al hoe kleiner, en as ons ‘n klompie kinders se toere moet betaal, is dit ‘n geweldige groot hap uit die totaal. En die res van die jaar lê nog voor.
Ons vra nie groot bedrae nie. R 10 is genoeg. As ons genoeg R 10’e kry, help ons almal. Een mamma het vir die Graad 4-kamp genoeg geld bymekaargemaak om 11 kinders se toer te betaal. Verstommend! Ons is geweldig dankbaar teenoor haar. Maar dit is nie wat ons verwag nie. Net ‘n paar Rand is genoeg.
Ek haat dit wanneer mense op ander se gevoelens speel om geld te skenk – ek het al so skuldig gevoel by geleentheid omdat die persoon my laat voel het dat as ek nie gee nie, ek reguit hel toe gaan.
Ek speel nie op u gevoel nie. Ek stel vir u ‘n feit. Ons het finansiële hulp nodig, sodat geen van ons Hennopskinders van enigiets ontneem word deur faktore buite hul beheer nie.
As u u weg sou oopsien om ‘n bydrae te kan maak, sal ons dit hoog op prys stel. Indien u nie gemaklik is daarmee nie, aanvaar ek dit ook 100 persent. Ek het self al dikwels nee gesê vir soortgelyke versoeke, sonder om skuldig te voel. U moet ook nie skuldig voel nie. Ons gaan nie kyk wie het bygedra nie. Ons gaan ook nie almal wat iets gegee het se name publiseer of lang briewe skryf om dankie te sê nie. Ek stel glad nie belang daarin om te weet wie het iets bygedra nie. Dit is nie belangrik nie.
Dankie dat ons mag vra. Jammer vir die “vrymoedige” briefie (my liewe pa het altyd as ek ‘n brief van die skool af bring waarin hulle iets vra, dit ‘n “vrymoedige” briefie genoem omdat dit altyd begin het met “Hiermee neem ons die vrymoedigheid om u te vra vir….”).
Seënwense..

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 15 Augustus
Toets
Sagteballiga – Tuis teen Louis Leipoldt: 0/10 – 0/13
Krieketliga
Mini-Hokkie Oefening

Vrydag: 16 Augustus
Landloopliga 4
Krieketliga
Hokkieliga
Muurbal uitspele

Saterdag: 17 Augustus
Snr en Jnr Revue: Kaleidoskope Rondte 1
Muurbal uitspele

Maandag: 19 Augustus
Krieketliga
Tennisliga

Dinsdag: 20 Augustus
Toets
Krieketliga
Mini-Hokkie oefening
Sagtebal teen Doringkloof - tuis

Woensdag: 21 Augustus
Jnr Revue: Keleidoscope
Krieketligsa

Donderdag: 22 Augustus
Sagtebal teen Vhalliespark – weg: 0/11 en 0/13
Jnr Koor – Klank
Snr Koor – Foyer produksie – Lewende Woord
Krieketliga
Mini-Hokkie oefening

Vrydag: 23 Augustus
Krieketliga
Hokkieliga

Saterdag: 24 Augustus
Ainos: Kerk in Suid (Wierdapark: 11:15
Snr Koor Centurion Kunstefees
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
SPORT_banner images with link 1600x300
Gauteng Noord Wetenskap Expo
Baie geluk aan die volgende leerders.
Hulle het aan die GN Wetenskap Expo deelgeneem en beide het ʼn silwer behaal:
  • Neill Badenhorst (Gr 6): Sy projek het oor Hennopsrivier besoedeling gegaan.
  • Ryno du Preez (Gr 5): Sy projek het oor die invloed van omgewingstemperatuur. Op ʼn sonpaneel gegaan.
Super 12 Algemene Kennis
Emma Thompson en Renate Badenhorst word sterkte toegewens met hulle deelname aan die Super 12 Algemene kennis wat op Woensdag 14 Augustus te Pietersburg plaasvind.

EREKLEURE
Netbal: 0/12 A – 2de in SA
Kayla de Lange, Anna-Belle Pieterse, Tiana Swart, Leandri v d Westhuizen, Michelle Prinsloo, Alicia Prinsloo, Kristen van Eeden, Zenike Deysel
Alicia Kruger
SPORT_banner images with link 1600x300
EREKLEURE
Rugby: 0/10 Blou Bul wenners
Alexander Müller, André Robberts, Ayden Fernandes, Daniël Erasmus, Declan van Aswegen, Dian Hammond, Drikus Bezuidenhout,
Esli Rall, Henco Joubert, Jaco Greyling, Jean van Schalkwyk, Johan Welman, Louis Deist, Luhan van Staaden, Matthew Stokes, Morné de Bruin,
Pierre Mans, Reuben Smith, Rico du Plessis, Roché Botha, Ruan Stassen, Ruben Coertze, Tayten Thiart, Neil van der Berg, Eerste span:
AJ Snyman, Zander Brandt


EREKLEURE
Redenaars
Petrus v d Merwe, Dewan Borstlap (ontvang 2020), Christea J van Vuuren, Kayla Borstlap,
Aiden Thompson, Carli Buys, Miane Koekemoer (ontvang 2021), Xander du Preez, Emma Thompson, Aiden Thompson
facebook cover 20190-8 AUGvriendelikheid

AUGUSTUS VERJAARSDAE

2 Erika Doubell
2 Annelize van Niekerk
6 Sanette van Niekerk
8 Adriaan Pretorius
11 Jacolene Smit
12 Nonnie Koch
12 Luan van der Schyff
13 Tanya Lombard
16 Rhoda Louw
17 Liezl Grobler
20 Mariaan vd Westhuizen
20 Coleen Pelser
23 Carla Stevens
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
MySchool-poster-2
makro
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

lees
lees2
pjc1
pjc2
Skoolgereedheid_3de kwrt
Minika Advertensie
EcoTherm
8aug9_0000
EaglesPamphlet A 2019
8.AUG.vriendelikheid
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
makro1
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
makro2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

AUGUSTUS - WEEK3

Johannes 15:5
Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

2 Korintiërs 3:5
Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaameid kom van God wat ons bekwaam gemaak het...

1 Korintiërs 15:58
Wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Efesiërs 5:10+11
Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duistenis nie.

Psalm 127:1
As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tevergeefs. Vir die wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
facebook instagram