HENNOPS NUUSBRIEF: 8 Februarie 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Ek het vandag regtig hard geraas met my manne wat die hekke beman soggens en smiddae. Vandag was ek omgekrap omdat hulle die hekke te vroeg oopgesluit het. Teen halfeen was die hekke al oop, terwyl die eerste kinders wat uitkom eers eenuur moet gaan.

Ek was nie vandag soseer ongelukkig omdat ek bekommerd was oor die veiligheid van ons kinders as die hekke oop is nie (dit is natuurlik ook waar!), maar ek was nie tevrede met hoeveel mense wat nie hier skoolgaan, voor die klasse gesit het terwyl die laaste periodes aan die gang is nie. Dit was ouers van ons skool wat hul kinders kom haal het, wat reg voor die kind se klas waar hy sy laaste periode het, sit en wag.
Liewe ouers, dit is steurend as u voor die klas sit. Dit is steurend as u daar kliphard gesels met ‘n vriendin. Dit is steurend as die youtube-videos wat u kyk terwyl u wag se volume te hard is. Dit is verskriklik steurend vir u kind as hy sy ma buite sien sit. Dit pla die onderwyser as u daar sit, want u trek die kinders se aandag af as hulle u kan sien.

Daarom versoek ek u baie vriendelik om asseblief BY DIE KOSKAS, of OP DIE PAWILJOEN vir u kinders te wag as u hulle kom haal. Probeer asseblief u tyd so beplan dat u nie vir ‘n uur hoef te wag vir u kind nie. Kom dalk ‘n bietjie later, dan spandeer u baie minder tyd hier by die skool.

Wag asseblief buite die skoolterrein vir u kind totdat ons die hekke oopmaak. Wanneer ons die hekke oopmaak, is u welkom binne die skoolterrein. Terwyl die hekke toe is, is die skoolterrein net vir die kinders en personeel van die skool. Moet asseblief nie vir Andre onder druk plaas om vir u oop te maak nie. Moet asseblief nie vir hom of enige ander sekuriteitspersoon omkoop (sjoe, dis darem ‘n lelike woord!, maar dit is presies wat dit is) om u voor die tyd toe te laat om in te kom nie.

My belofte aan u as ons ouers was nog altyd dat enigiemand wat die veiligheid van ons kinders en personeel in gevaar stel, onmiddellik afgedank sal word. Dit geld vir onderwysers, alle personeel, en veral ons veiligheidsmanne. Ons vertrou ons veiligheidsmanne om ons kinders veilig te hou. As hulle die hekke vir mense oopmaak op tye waar hulle nie hier hoort nie, dra hulle nie ons kinders se veiligheid op die hart nie. En dit sal nie geduld word nie.

Ek glo u verstaan. Ek hoop u verstaan. Ek hoop u sal ons help. GEEN UITSONDERINGS NIE.

Jannie Raath
Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark


Donderdag 7: Feb:
Toets
Netbal: 0/10 Proewe: 14:00 – 16:00- Baan 2
Snr Koor in KDA Saal: 16:00 – 17:00
Valentynsverkope

Vrydag 8: Feb:
Valentynsverkope
Swem: Friendly Friday
Kultuurkarnaval – Jnr Koekedoor
Redenaarskamp
0/10 Netbalproewe: 13:30 – 14:30 Baan 5 en 6
Kloklui Foto’s – Graad 1

Saterdag 9: Feb:
Jnr Revue Oefendag
Redenaarskamp
Perdry: Qualifyer 1
Swem: 7:30 – Affies Meisies
Maandag 11 Feb
Toets (Rooster: Dinsdag se periode 1 en 2)
Ouer Veiligheidsvergadering: 18:00 - Raadsaal
Voortrekkers: 17:00 Sesmylspruit NG Kerk
Tennisliga
Valentynsverkope
Mini-Netbalproewe: 0/8 en 0/9: 15:00 – 16:00
Kultuurkarnaval: Drama
Netbalproewe: 0/11 – 0/13: 14:00 – 16:00 - H/s
Zwartkop

Dinsdag 12 Feb
Rooster: Maandag se periode 1 en 2
Valentynsverkope
Kultuurkarnaval: Dans
Mini-Netbalproewe: 0/8 en 0/9: 13:30 – 14:30
Netbalproewe: 0/11 – 0/13: 14:00 – 16:00

Woensdag 13 Feb
Toets (Rooster: Donderdag se periode 1 en 2)
Valentynsverkope
Mini-Netbalproewe: 0/8 en 0/9: 15:00 – 16:00
Netbalproewe: 0/11 – 0/13: 14:30 – 16:00

Donderdag 14 Feb
Rooster: Woensdag se periode 1 en 2
Atletiek: Cluster – Midstream
Kultuurkarnaval: Sang
Mini-Netbalproewe: 15:00 – 17:00

Vrydag 15 Feb
Kultuurkarnaval: Stokperdjies, Handwerk, Versamelings
Swem: Friendly Friday
Valentyn Leifieloop

Saterdag 16 Feb
Kultuurkarnaval: Jan Braai by Gr R Parkering
Snr Revue Oefendag: 13:30 – 16:00
Studiemetode kursus: 9:00 – 12:00
classdojo

ONTHOU OM GEREELD "CLASSDOJO" TE BESOEK!!

padpatrollie

SIEN VOORTAAN ALLE PADPATROLLIE OP DIE WEBWERF DEUR HIER TE KLIK, OF DIREK OP DIE WEBWERF TE KYK


Ouerveiligheidsvergadering

Alle ouers word uitgenooi na die Ouer Veiligheidsvergadering op

11 Februarie om 18:00 in die Raadsaal.

Alle ouers is welkom om insette te kom lewer rakende

enige veiligheidsaspekte.

voete-13

EREKLEURE

Baie geluk die volgende leerders ontvang Erekleure

H_AKADEMIE_BRIEFHOOF
Alexa Nel
Kayla Borstlap
Joanie Coetzee
Franclou Kruger
Ethan Martin
Marina du Plessis
Christien Smuts
Anouk J van Rensburg
H_JNR_KOOR_BRIEFHOOF
Nieke Jooste
Elané Botha
Mia Kritzinger
Minette le Roux
Kyla Snygans
Xanthé Malan



H_LANDLOOP_BRIEFHOOF
Louis Deist
H_STOEI_BRIEFHOOF
Sean Hugo

H_SWEM_BRIEFHOOF
Karli van Aswegen
Linda van Aswegen
Henco Joubert
Mia de Villiers
Conrad Scheepers
H_RUGBY_BRIEFHOOF
Ayden Fernandes, Morné de Bruin
Johan Welman, Alexander Muller
Louis Deist, Neil v d Berg
Drikus Bezuidenhout, Declan van Aswegen
Tayten Thiart, Pierre Mans
Ruben Coertze, Reuben Smith
Dillon Maré, Matthew Stokes
Rico du Plessis, Jaco Theron
André Robberts, Jaco Greyling
Josh Fourie, Henco Joubert
Luhan van Staaden, Ruan Stassen




BESIGHEIDSFORUM
sluit hier aan:
bf@hennops.com

2.FEB.liefde

V E R J A A R S D A E

------------------------------------------------------------------


  • 1 Petro Pankhurst
  • 4 Charmaine Schoeman
  • 5 Karin Lourens
  • 9 Liezel van Zyl
  • 14 Linda Schroeder
  • 14 Dinah-Anne Claassen
  • 15 Alice Maree
  • 16 Ronel du Randt
  • 19 Erna de Bruin
  • 19 Chantel Deyzel
  • 23 Kotie van Zyl
  • 23 Lynette Smit
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure
Uitkomtye:
Graad R en 1 12:00 tot 18 Januarie daarna om 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)

IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE
of kontak
ADMIN
classdojo

ONTHOU OM GEREELD "CLASSDOJO" TE BESOEK!!

padpatrollie

SIEN VOORTAAN ALLE PADPATROLLIE OP DIE WEBWERF DEUR HIER TE KLIK, OF DIREK OP DIE WEBWERF TE KYK


Ouerveiligheidsvergadering

Alle ouers word uitgenooi na die Ouer Veiligheidsvergadering op

11 Februarie om 18:00 in die Raadsaal.

Alle ouers is welkom om insette te kom lewer rakende

enige veiligheidsaspekte.

FIK_banner images with link 1600x300
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Groenteblikkies, vleisblikkies, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, Koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
MySchool MyVillage MyPlanet Valentines_Day_Print Newsletter V.1
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: ann.alkema@laerskoolhennopspark.co.za

Pinsel art Studio - Pamflet 11.01.19 A
VOORSTREKKERS2
Eagles Pamphlet A 2019

WEES LIG: 2019

facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 2 - FEBRUARIE

1 Korintiërs 13:4
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand

1 Johannes 3:18
Ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, end an in opregtheid.

Matteus 22:37
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

1 Korintiërs 13:4
Die liefde handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

Galasiërs 5:22
Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.