HENNOPS NUUSBRIEF: 12 JULIE 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Met erkenning aan “Donkie se gedagte”
Ek onthou baie goed wat die Distriksdirekteur se eerste woorde aan my was toe ek in 2005 as skoolhoof aangestel is by Hoërskool Uitsig. “Die hoogste bome vang die meeste wind, meneer die skoolhoof. Jy is nou ‘n hoë boom – jy moet die druk wat na jou kant toe kom vat soos dit kom. Moenie kla daaroor nie, want jy het gevra daarvoor.”
Die feit is, egter, dat ek nie ‘n hoë boom is nie – was nog nooit-, en sal nooit een kan wees nie. Ek is ‘n rankplant. Ek het wel hoë bome nodig om bo uit te kom. Dis die waarheid – ‘n skoolhoof kan net so goed wees soos die mense rondom hom.
Niemand van ons is perfek nie. Geen skoolhoof was die perfekte onderwyser voordat hy skoolhoof geword het nie. Ek was definitief nie. Ons het almal deur ‘n sisteem gekom waar ons gevorm is deur kollegas, ouers, en die kinders in ons klasse. Die meeste van my groei het plaasgevind deur te leer uit my eie foute.
Onderwys kan maklik ‘n gevaarlike plek wees. Mense vorm so maklik opinies oor onderwysers en skoolhoofde. In werklikheid is nie een van ons perfek nie, maar ons word telkens in ‘n situasie geplaas waar ons elke jaar met alle vorme van mense, elk met hul eie wanaanpassings, en ek met myne, moet saamwerk – selfs vriende wees – om die skip te laat seil.
Onderwysers kry ‘n “tropreuk”. Ons is baie geure en kleure bymekaar, elkeen met sy eie wanaanpassing. Die wanaanpassing is niks meer as daardie meter spasie rondom ons waarbinne ons niemand wil toelaat nie – daardie meter spasie wat ons laat veilig voel.
In my onderwysloopbaan het ek met baie verskillende persoonlikhede kennis gemaak.
Die hoogs-intelligente Wiskundejuffrou, altyd goed voorbereid, alles tot op datum nagesien, met haar klas altyd pynlik netjies, en al haar dokumentasie eksie-perfek. Sy hou nie van rugby nie.
Die juffrou met die groot hart wat nooit getrou het nie, vir wie haar klas haar enigste werklike ontvlugting is. Sy verlang elke skoolvakansie om na die stoutgatte waaroor ander onnies bly is om van ontslae te wees.
Jou LO-meneer wat elke dag met ‘n sweetpak skool toe kom, selfs nadat hy jare gelede al gevra is om Afrikaans te gee sodat ‘n jonger, fikser ou kan LO gee. Hy is nie noodwendig ‘n leiersfiguur nie, maar hy het gewoonlik die sleutel tot elke seun se hart.
Daai groepie bo 55 wat deur elke nuwe onderwysstelsel in die steek gelaat is omdat hulle nie bevordering gekry het nie, wat daagliks al hulle kennis deel met die nuwe jonges. Daardie generasie wat nie vervang kan word wanneer hulle aftree nie. Dis hulle wat die hoof nooit in die steek laat nie. Hulle hou nie van verandering nie.
Jy kry die kollega wat te veel drink in sy vrye tyd sonder om iemand (anders as homself) skade aan te doen, die introvert wat net in haar klas haar mond oopmaak, die eksentrieke Kunsjuffrou wat die kinders bekendstel aan goed wat ouers en die hoof se hare laat rys, en wie se klas ongelooflik deurmekaar is. Jy kry die juffrou wat altyd kaalvoet in haar klas (en dikwels daarbuite-) rondloop. Haar metodes maak vir die boksie-hoof geen sin nie, maar sy verander kinders se lewens op ‘n manier wat die hoof nooit sal kan nie.
Jy kry die beginner-onderwyser wie se boeke nooit gemerk is nie en dit tog regkry om kinders in skoolvakansies te laat terugverlang skool toe, die Xhosajuffrou wat baie liberaal is en dikwels goed sê in die klas waaroor die ouers die volgende dag die hoof kom sien, die konserwatiewe Geskiedenisonnie, die juffrou wat slegs veilig voel in ‘n ordelike gereguleerde sisteem, die meneer wat uitgelos wil word omdat hy net homself vertrou. Jy kry die sportmeneer wat amper nooit in sy klas is nie, die juffrou van anderkant die berg wat vreeslik lelik praat, die pliggie wat elke dag kla omdat sy wag vir die personeel se registers, waarvoor sy elke dag vra. Jy kry die eerstespan-rugbyspeler (toe hy op skool was) wat nie goed genoeg was om professioneel te speel nie, wat onnie geword het sodat hy darem tyd op die gras kan deurbring.
Jy kry die onderwyser wat altyd van beter weet, wat obsessief oor bevordering is sodat hy net ‘n beter hoof kan wees as die een waarmee hy sit.
Ons is almal onderwysers – wanaangepas… ons het gekies om onderwysers te wees, en gekies om onderwysers te bly. En alhoewel ons maar te bewus is van ons eie tekortkominge, met ons eie meter veilige spasie waarbinne ons nie maklik iemand toelaat nie, is die belangrikste les wat ons ooit geleer het dat ons mekaar nodig het.
Hierdie wanaangepaste span, wat in ‘n skool ‘n personeelkorps genoem word, vorm die liggaam waarmee hoop en geloof na elke kind voor ons geleef moet word. Ons moet die skip laat seil. Ons, met ons onvolmaaktheid is geroep om dit te doen wat ons nou doen, want ons vul mekaar aan.
In elke personeelgroep is daar opvoeders met sekere tekortkominge, en ander met sekere sterkpunte. Die uitdaging is om die perfekte skoolhoof te kry om elke personeellid se unieke dinamika reg te bestuur. Onthou, skoolhoofde is niks ander as ‘n blygemaakte – en eiesoortige wanaangepaste opvoeder wat homself iewers tussen kollegas, ouers, ‘n beheerliggaam, en ‘n departement bevind. Elkeen van hierdie entiteite het sy eie dinamika, en sy eie vereistes. En die hoof moet dit alles “juggle” sodat daar sinergie is.
Elke skoolhoof is opgelei om klas te gee. Nie om mense-, en begrotings-, en terreine te bestuur nie. Hoof-wees is moeilik.
Ons kan nie kla oor dinge waaroor ons geen beheer het nie. Ons klagtes oor die skoolhoof se wanaangepastheid gaan nie teweegbring dat ons geestesgesond gaan wees in hierdie kwartaal nie. Kom ons fokus eerder oor dit wat ons kan beheer – ons eie gesindheid. Ons moet ons eie byl se punt skerpmaak; ons moet ons eie gees so uitrus dat kwaad-wees nie ons vere natmaak nie. Ons moet begin om diegene te waardeer wat dinge doen wat ons nie kan doen nie.
As ‘n Posvlak 1-onderwyser het iemand een dag in die personeelkamer opgestaan (toe die hoof nie daar was nie) en gesê: “Ons moenie fokus daarop om die beste skoolhoof te hê nie, maar om die beste onderwyser te wees.” Jy kan die beste hoof hê, maar hy is eintlik maar so goed (of sleg) soos die swakste onderwyser.
Onderwysers bly nie op eilande nie. As ons uit die skoolgronde ry, wag regte probleme met regte uitdagings op ons. Ons moet altyd probeer om nie bagasie skool toe te bring nie. Tussen die skool se mure kan ons niks aan daardie bagasie doen nie. Iewers, en ek hoop dis in ons klasse, is daar ‘n plek waar ons veilig kan voel. Terwyl ons op die kinders se uitdagings fokus, kry ons eie situasie dalk beter perspektief.
Elkeen is met die hand uitgesoek, en geplant vir die seisoen in jou lewe waar jy nou is. Dis hier waar ons gesnoei word deur ons kollegas, ons leerlinge, en hulle ouers.
Gun asseblief vir elkeen sy plekkie. Die kinders in ons skool het elke onderwyser se wanaangepaste afwyking nodig op sy lewenspad.
Saam, maak ons wanaangepastheid perfekte sin. Sonder selfs een van daardie wanaangepaste onnies, is die ekwilibrium van die geheel in gevaar.
Dankie aan elke onderwyser vir dit wat jy doen – geite of te not.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 11 Julie
Gr 4 – 7: Engelse Assessering in toetsperiode
Hokkie: Eerstespan Seuns en Dogters: Southdowns

Vrydag: 12 Julie
Super 12 Hokkie – Tuks
Landloop: Liga 1 - Edupolex

Saterdag: 13 Julie
Sagtebal: Sonitus 0/10 , 0/11 en 0/12
Super 12 Hokkie - Tuks
Maandag: 15 Julie
Krieketliga - Garsfontein

Dinsdag: 16 Julie
Graad 6 Opleiding in saalperiode
Krieketliga
Mini-Hokkie oefening
Hokkieliga

Woensdag: 17 Julie
Krieketliga
GSF Oueraand: Gr 1 – 3: 17:00

Donderdag: 18 Julie
Super 12 Tennis - Groenkloof
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga
Sagtebal (0/10 – 0/13): Tuis teen Tygerpoort

Vrydag: 19 Julie
Super 12 Tennis - Groenkloof
Hokkieliga
Krieketliga
Landloop: Liga 2
Snr Revue oefenmiddag: 13:30 -16:00

Saterdag: 20 Julie
Hokkieliga
SPORT_banner images with link 1600x300

Ringbal:

Baie geluk aan Daniélle Mans wat SA Kleure gedurende die Nasionale Kampioenskappe verwerf het.
Baie geluk aan Hanri van Rooyen wat ingesluit was in die Gauteng Noord Dogters 0/11 A Ringbalspan asook
Alicia van Rooyen wat ingesluit was in die 0/11 B-span.
facebook cover 20190-7 JULIE integriteit

JULIE VERJAARSDAE

6 Johnny Schroeder
12 Tania Meyer
15 Hannelie Taljaard
18 Werner van Rooyen
20 Bianca Kramer
26 Elize Jonker
28 Bernice Mouton
31 Seugnet Steyn
31 Alta Coetzee
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
makro
Teachers_day_Landing_1
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

ENTRdag2019
wisk12jul
GDS Eng Ad 2015 colour
Email generator add
pjc1
pjc2
makro1
makro2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

JULIE - WEEK 2

Week 2 Johannes 1:4+5
In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

2 Korintiërs 1:22
God het ons vir Hom afgesonder, ons as Sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.

Matteus 19:26
Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.

Hebreërs 13:6
Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?”

Psalm 118:6
Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen?
facebook instagram