HENNOPS NUUSBRIEF: 8 AUGUSTUS 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ek sê altyd vir my vrou dat in ons huis dit elke dag Vrouedag is. Aanvanklik het sy maar net gelag. Sy stem nou al saam met my. Maar dit is so. Dit moet so wees. Marinda is die gom wat ons gesin nog altyd aanmekaar gehou het.
Ek eer haar elke dag sover ek kan (natuurlik faal ek partykeer), omdat sy die ma van my kinders is. Sy het vir my die grootste geskenk gegee wat enigeen kan gee. Ek sien haar eiesoortige maniertjies ook in ons eie dogter. Ek staan in verwondering oor die grootheid van die Skepping as ek na ons kinders kyk, en luister. Ek is verstom oor die wonder-, maar ook realiteit van gene – my kind het net sulke voete soos haar ma, as sy slaap lyk sy op ‘n druppel soos haar ma, ek hoor selfs my vrou se lag in my kind se stem. Selfs aspekte van hul persoonlikheid is een en dieselfde. Ons seun is ook baie meer soos sy ma as sy pa.
Dankie aan elke vrou in die Hennopsfamilie. Ons manne noem onsself maklik die “sterker geslag”, maar ons weet baie goed dat dit nie heeltemal waar is nie. Deur die eeue was ons nog altyd die “warriors”, wat oorlog moes maak om grond met geweld te vat. Ons manne haak maklik vas in die Middeleeue.
Maar tye het verander. Die sterkste leiers in die moderne wêreld is vroue – Thatcher, Merkel, May, Indira Ghandi, Moeder Theresa, Schroeder, Du Randt, Van Rooyen, ensovoorts.
Ons eer ons vroue. Geniet Vrydag – Vrouedag.
Agter elke man…. Nee, vóór elke man-, lángs elke man-, en agter elke man, staan daar ‘n vrou.
Kom ons gee hulle die respek wat hulle verdien. Want sonder hulle is ons niks.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 8 Augustus
Toets
Mini-Hokkie oefening
Snr Revue oefening: 14:00 – 17:00

Vrydag: 9 Augustus
Publieke Vakansiedag

Maandag: 12 Augustus
Tennisliga
Krieketliga

Dinsdag: 13 Augustus
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga
Sagteballiga teen Skuilkrans

Woensdag: 14 Augustus
Krieketliga
Super 12 Algemene Kennis – Pietersburg-Oos

Donderdag: 15 Augustus
Toets
Sagteballiga – Tuis teen Louis Leipold: 0/10 – 0/13
Krieketliga
Mini-Hokkie Oefening

Vrydag: 16 Augustus
Landloopliga 4
Krieketliga
Hokkieliga
Muurbal uitspele

Saterdag: 17 Augustus
Snr en Jnr Revue: Kaleidoskope Rondte 1
Muurbal uitspele
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
SPORT_banner images with link 1600x300
GIMNASTIEK en TRAMPOLIEN
Baie geluk aan Ethan Martin (Gr. 5) wat die naweek sy
Gauteng-Noord kleure verwerf het. Hy het ook ‘n 1ste plek
behaal op die Parallel Bar en dring deur na Gauteng.
Hy het ook Gauteng-Noord kleure verwerf vir Trampolien Gimnastiek.
Hy het ‘n 1ste plek behaal op die “Double-mini” trampolien.
Hy is dus gekies om Gauteng-Noord te verteenwoordig vir beide
Gimnastiek en Trampolien by Gauteng.

GIMNASTIEK
Baie geluk! Die volgende 2 leerders het Noord-Gauteng kleure
Verwerf: Hulle was ook onderskeidelik nr 1 en nr 2 in algemeen:
Jané Terblanche en Kiana de Villiers

RUGBY
Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die Blou Bulle IPT span wat aan die Provinsiale toernooi gaan deelneem:
Ruan Smuts Luhardt Booyens Dewald MostertNeil Gouws Werner Vrey

BOOGSKIET
Baie geluk aan Megan Kritzinger en Michelle Wakeford wat gekies is vir die NASPNoord Gauteng Junior span en amptelik Noord Gauteng Kleure ontvang.
facebook cover 20190-8 AUGvriendelikheid

AUGUSTUS VERJAARSDAE

2 Erika Doubell
2 Annelize van Niekerk
6 Sanette van Niekerk
8 Adriaan Pretorius
11 Jacolene Smit
12 Nonnie Koch
12 Luan van der Schyff
13 Tanya Lombard
16 Rhoda Louw
17 Liezl Grobler
20 Mariaan vd Westhuizen
20 Coleen Pelser
23 Carla Stevens
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
myschoolmandela
NewsletterWoolies
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
Email generator add
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
makro1
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
makro2
lees
lees2
pjc1
pjc2
Minika Advertensie
Skoolgereedheid_3de kwrt
EaglesPamphlet A 2019
8aug9_0000
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

AUGUSTUS - WEEK2

Johannes 16:33
In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.

Jesaja 12:2
God is my redder; ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.

Hebreërs 12:1
Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

Filippense 3:13
Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.

Psalm 25:1
Die wat op die Here vertrou is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan.
facebook instagram