HENNOPS NUUSBRIEF: 3 MEI 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ek verwys na ‘n vorige brief wat ek geskryf het – so ‘n jaar of twee gelede. Dit wat ek geskryf het, was toe van toepassing op ons, en is steeds, dalk meer as ooit.
Liewe ouers van ons Hennopsparkers, die moeilikste ding om oor te praat met u, is geld. Geld, wanneer dit ter sprake kom, is altyd omstrede. Wanneer ons dominee sê dat hy vandag preek oor ons bydraes, wil ek sommer loop. Ek voel altyd dat hy my nie hoef te oortuig dat ek my tiende moet gee nie – ek doen dit. Ek beny hom egter nie sy preek nie – hoe sê jy vir jou gemeentelede dat hulle hul bydraes moet verhoog, -of ten minste net betaal, sonder om hulle om te krap? Daar is nou maar nie ‘n mooi Christelike manier om hulle te vra vir geld nie.
Maar die gemeente is nie net ‘n kerk nie, dit is ook ‘n besigheid. Die skool is ook ‘n besigheid. Ons moet salarisse betaal; ons moet munisipale kostes betaal; ons moet boeke koop; ons moet infrastruktuur in stand hou. Daarvoor is daar ‘n begroting wat met groot sorg en kundigheid uitgewerk en bestuur word.
Ek vra nie vir u vandag vir geld nie. Ons kan al ons verpligtinge nakom omdat u juis u skoolfonds getrou betaal. Daarvoor is ons baie dankbaar. Dit is lekker dat ek kan weet ek hoef nie elke nou en dan ouers te bel of te sien oor hulle agterstallige skoolfonds nie. Weereens – dankie!
Ek skryf hierdie brief want ek wil hê u moet iets van die proses verstaan. Om die skoolfonds so laag as moontlik te hou sonder om kwaliteit in te boet, het ons fondsinsamelings. Sjoe, dis ‘n lelike woord – my nekhare het elke keer gerys as ek daai woord gelees het in die omsendbrief. Gelukkig is deelname aan so ‘n fondsinsamelingsprojek vrywillig, en niemand word gedwing om deel te neem of dit te ondersteun nie.
Maar ons gebruik alle gelde wat in fondsinsamelings verkry word, vir goeie dinge – dinge wat regtig ‘n verskil maak. In ons mooi, suksesvolle skool, is daar amper ‘n honderd kinders wat elke dag kos by die skool kry. Daar is baie families wat kospakkies huis toe kry – kospakkies wat opgemaak word deur skenkings van ons ouers – daardie produkte waarvoor ons elke maand vra vir ons Angelsprojek. Die engele wat baat vind by die Angelsprojek, is slegs ons eie kinders – ons gee nie aan buitestanders nie.
Kontantskenkings word gebruik om vleis te koop vir hierdie kospakkies, en om kinders wat op ‘n kamp of toer moet gaan, en dit nie kan bekostig nie, te help om dit wel by te woon. Soms, wanneer dit regtig nie anders kan nie, word mediese uitgawes van kinders wat dit nie kan bekostig nie, hierdeur gedek. Ons filosofie is dat GEEN kind in Hennopspark ‘n geleentheid of mediese hulp mag mis omdat hy dit nie kan bekostig nie.
Ons het wonderlike mense wat elke jaar kontant skenk wat in die Angelsfonds inbetaal word, en vir dinge soos genoem gebruik word. Baie, baie dankie vir daardie skenkings – u maak regtig ‘n verskil.
Elana van Breda van die Beheerliggaam het opdrag by die BL gekry om amper 1 miljoen Rand vanjaar te genereer deur fondsinsamelings – daardie eenmiljoen is deel van die begroting. Sy werk baie hard deur die FIK en al die vrywilligers daar om dit reg te kry. Elana van Breda is ‘n yster – ek het die grootste respek vir haar. Dis ‘n job wat ek nie sal kan doen nie. Ondersteun asseblief haar inisiatiewe – dis alles vir ‘n goeie doel. .
Shawn Smith van die Beheerliggaam samel fondse – spesifiek vir kinders se toere en kampe – in deur ons jaarlikse Hennopspark gholfdag (die Hennops Winter Classic) te reël. Ondersteun hom asseblief. Die geld wat daar geïn word, beteken dat al ons kinders kan alles bywoon, sonder om enigsins bewus te wees daarvan dat hulle geborg word. Dankie Shawn, vir daardie ekstra poging.
Almal is nie so bevoorreg soos ek nie – ek weet dit. Daarom, as ek ‘n verskil kan maak deur iets te gee wat ek nie benodig nie, -of net om te help, al is dit ‘n druppel in die emmer – moet ek. Ek het nie ‘n keuse nie. Dis deel van my bydrae. Dis ‘n voorreg om dit te kan doen.
Oorweeg dit asseblief om iets te gee wanneer Elana of Shawn vra vir bydraes. Dis nie vir hulle nie. Dis vir ons kinders. Dankie dat ek mag vra.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
Donderdag: 2 Mei
Woensdagrooster
Toets: Afrikaans
Wetenskap Expo in saal
Rugby Liga teen Wonderboom – Tuis
Mini-hokkie oefening
Moedersdagverkope
Sagtebalproewe: 012/ en 0/13: 15:30 – 17:00

Vrydag: 3 Mei
Ainos oefenmiddag: 14:00 – 17:00
Moedersdagverkope
Krieketproewe: 0/11: 14:00 – 15:15
Krieketproewe: 0/12 en 0/13: 15:30 – 17:30
Sagtebalproewe: 0/10: 14:30 – 16:00
Sagtebalproewe: 0/11: 13:30 – 14:30

Saterdag: 4 Mei
Super 12 Skaak – Groenkloof kampus
Jnr Revue oefendag: 9:00 – 14:00
Rugby: Bloubulproewe: 0/12 en 0/13
Maandag: 6 Mei
Moedersdagverkope
Rugby: Bloubulproewe

Dinsdag: 7 Mei
Toets: Engels
Moedersdagverkope
Fotos: Skaak Super 12, Hokkie
Mini-Netbal
Mini-Hokkie
Musieksterre Hoofaand
Rugby: Blobulproewe

Woensdag: 8 Mei
Publieke vakansiedag

Donderdag: 9 Mei
Toets: NWT
Mini-Hokkie
Mini-Netbal – Weg teen Garsfontein
Super 12 : Senior Koor
Moedersdagverkope
Sagtebalproewe: 0/10 en 0/11: 15:30 – 17:00

Vrydag: 10 Mei
Graad R Mammadag
Super 12: Jnr en Snr Koor
MoedersdagteetuinHokkie Vriendskaplik
Krieketproewe: 0/11: 14:00 – 15:15
Krieketproewe: 0/12 en 0/13: 15:30 – 17:30
Sagtebalproewe: 0/12 en 0/13: 13:30 – 15:00

Saterdag: 11 Mei
Hokkie: Vriendskaplik
Snr Revue oefendag: 13:00 – 17:00
Rugby en Natbal: B- en C-spanne: Vastrap
facebook cover 20190-5 MEI.geduld

MEI VERJAARSDAE

2 Chelsea Grundlingh
4 Teresa Fouché
7 Mardine Laubscher
8 Yolanda van Heerden
10 Caroline McDonald
24 Chani Thackwray
26 Nadia (v Rooyen) Pretorius
26 Maryke van Nieuwenhuizen
29 Ruan Swanepoel
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
bt1
Mothers day school
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

fik5
MOEDERSDAG KAARTJIES
FIK EVENTS2
fik4
Gholfdag2019
ENTRdag2019
Email generator add
MCVDBerg
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

MEI - WEEK 1

Johannes 12:35
Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie ... sodat julle mense van die lig kan wees!
Johannes 16:23
Dit verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in My Naam sal bid, sal Hy vir julle gee.
Psalm 118:8
Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.
Jakobus 4:7
Onderwerp jou dan aan God. Staan die duiwel teen hy sal van julle af wegvlug.
Psalm 37:4
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
facebook instagram