HENNOPS NUUSBRIEF: 6 JUNIE 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ek onthou presies, so ses-en twintig en ‘n half jaar gelede, om 13:15 en 13:16 op 6 November, toe my tweeling gebore is. 8 weke te vroeg, 1,7 kilogram elk, beide so lank soos ‘n Huisgenoot. Eers my dogter, en toe my seun. Dr Sevenster, die ginekoloog, het nog gedink hy gee my seun aan vir die verpleegster nadat hy hom uitgehaal het, toe piepie my bul die dokter papnat. My vegter-dogtertjie het dadelik luidkeels geprotesteer teen almal wat met haar gekarring het. En ek het getjank soos ‘n meisiekind.
My arme vroutjie se hare was plat op haar voorkop gevee soos ek haar gestreel het tydens hierdie geboorteproses – dis al wat sy onthou van daai dag. Maar ek love haar omdat sy vir my die grootste geskenk van my lewe gegee het. Ek sal haar altyd liefhê daarvoor. Dit was die beste dag van my lewe. Na vele miskrame het ek en Marinda nie gedink ons sal ooit kinders hê nie. En toe gebeur hierdie wonderwerk in ons lewens. Ek dank die Here elke dag vir ons pragtige, volmaakte kinders.

My oudste, my dogter, (sy laat haar broer nooit vergeet sy is een minuut ouer as hy nie!) trou volgende naweek. Pa se poppie het haar lewensmaat gevind. My hart is seer, aan die een kant. Ek is nie meer die beste man wat sy ken nie. Sy vra eers vir Juan wat hy dink voordat sy my vra. Daardie blik in haar oë wanneer sy vir my kyk met bewondering het lankal vervaag – dis nou vir iemand anders beskore. Maar ek is so bly en dankbaar dat sy ‘n man gevind het wat goed is vir haar, en haar liefhet net soos sy is. Hy praat mooi met haar; hy hou selfs vir haar die kar se deur oop as sy inklim; hy laat haar oë blink. Hy is (op hierdie stadium) nog gaaf met ons. Dis lekker om hom in ons lewens te hê.

Liewe pa, geniet jou kinders terwyl hulle klein is. Moenie so hard werk om vir hulle te sorg dat jy vergeet om tyd aan hulle af te staan nie. As dit eers verby is, is dit verby. Wees jou dogter se hero, terwyl sy nog net die goeie in jou raaksien. Dan gaan daardie heldeverering nooit heeltemal weg nie. Wees haar pa op so ‘n manier dat sy iemand soos jy sal soek wanneer sy soek.
Dankie aan elke pa vir die hero wat jy vir jou kind is. Gelukkige Vadersdag volgende Sondag.
Ai, maar ek is sentimenteel vandag. Sorry daarvoor.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 6 Junie
Eksamen – Skool kom 13:00 uit
Netbal: Gissa – Kempton Park

Vrydag: 7 Junie
Eksamen – Gewone skooldag na eksamen - Skool kom 13:10 uit
Netbal: Gissa – Kempton Park
Hokkie toer - Jubaweni

Saterdag: 8 Junie
Bulletjie Rugby afsluiting
Hokkie toer - Jubaweni


Maandag: 10 Junie
Dinsdag rooster word gevolg
Gr 7 skryf eksamen in Toetsperiode.
Gr 4 – 6: assessering
Vadersdagverkope

Dinsdag: 11 Junie
Maandagrooster word gevolg
Rugby: Finale: 0/10 A
Vadersdagverkope

Woensdag: 12 Junie
Vadersdagverkope

Donderdag:13 Junie
GSF: Uitdeel van rapporte
Vadersdagverkope
Krieket: 0/12 A Camp Discovery

Vrydag: 14 Junie
Skool sluit om 09:3

3DE KWARTAAL

Dinsdag: 9 Julie
Skool heropen

Woensdag: 10 Julie

Donderdag: 11 Julie

Vrydag: 12 Julie
Super 12 Hokkie – Tuks
Landloop: Liga 1

Saterdag: 13 Julie
Super 12 Hokkie - Tuks

HENNOPS_TV_LOGO
HENNOPS DIGI TV "LIVESTREAM" KANAAL!
https://digitv.co.za/#/school/events/28
facebook cover 20190-6 JUNIE getrouheid

JUNIE VERJAARSDAE

1 Estari Nel
4 Su-Marie Wentzel
11 Melanie Geldenhuys
12 Magda Opperman
15 Chris du Preez
16 Marina Viljoen
21 Louisa Redelinghuys
23 Cecilia Meyer
24 Amanda Bezuidenhout
28 Ruan Venter

JULIE VERJAARSDAE

6 Johnny Schroeder
12 Tania Meyer
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD_Toyota-Centurion...1
makro
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

Gholfdag2019
ENTRdag2019
Email generator add
Slide1
pjc1
pjc2
edublox
Bemarking Kinderweek 2019-1
Complete Swimming flyer
cc A5 ADVERT 2
HENNOPSPARKx5 - Woonhuis. R1 920 000. Sonnig. Ten volle geteël. (H)286 m², erf 1500m². 4slp, 2½bdk, 2 leefareas, eetkamer, oopplan kombuis, aparte waskamer, dbl. m/h. Direkte toegang in huis. Buitekamer met aparte wasbak, aparte stort en aparte toilet. Swembad. Gevestigde tuin. Elektrisiteitsmeter. Loopafstand na skole en roete toeganklik.
Kontak Paula 0824631551. Aleron Real Estate.

Paula Badenhorst
Sel / Cell: (+27) 82 463 1551

aleron_logo
Eagles Pamphlet A 2019
makro1
makro2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

JUNIE - WEEK 1

Handelinge 1:8
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...

Johannes 14:26
Wanneer die Vader in My Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

2 Timoteus 1:7
Die Gees wat God on gegee het, maak on simmers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Johannes 16:13
Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.

Ps 145:5+6
Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat. Ek wil van U grootheid vertel!
facebook instagram