HENNOPS NUUSBRIEF: 12 SEPTEMBER 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Die veiligheid van ons kinders moet altyd voorop in ons gedagtes wees. Ek praat amper elke dag daaroor. Tot vervelens toe somtyds, voel dit ook vir my. Maar ons mag nooit wag totdat iets gebeur soos wat die afgelope tyd gebeur het in Vanderbijlpark voordat ons iets doen wat sinvol is met betrekking tot die veiligheid van ons kinders.
Ek sê vandag baie dankie aan ‘n paar indiwidue wat regtig die ekstra myl loop ter wille van ons kinders. Mnr Darius Steyn, die Bedryfshoof van die skool, doen ongelooflik baie om altyd seker te maak dat almal by die skool veilig is. Hy maak seker dat daar vroegoggend voor skool, en ook na skool wagte by elke hek is om toe te sien dat ons kinders veilig die terrein betree of verlaat. Hy monitor die wagte met die honde wat snags ons skool patrolleer om te kyk dat alles veilig is. Hy kyk dat ons manne by die hekke op diens is. Hy verseker dat die padpatrollie goed funksioneer. En nog baie meer.
Bertus Myburgh, die eienaar van Copwatch, gaan uit sy pad om te verseker dat almal altyd veilig is. Hy doen voor elke besoek aan ‘n kampterrein (soos nou met die Graad 4’s en Graad 6’e se kamp) ‘n veiligheidsinspeksie om seker te maak alles is reg. As daar ekstra sekuriteitsmanne gereël moet word, doen hy dit, en hulle pas ons kinders op vir die duur van die hele kamp. Sy Copwatch voertuie begelei ons revuekinders se busse wanneer hulle laataand op die snelweg moet terugkeer na ‘n optrede. Dankie Bertus vir jou wonderlike ondersteuning aan Laerskool Hennopspark! Jy is regtig ‘n besondere man, en ons is jou baie dank verskuldig.
Ons voel regtig veilig met al die voorsorgmaatreëls wat ons in plek het, maar ons weet definitief ook dat ons altyd op ons tone moet bly. Daarvoor het ons u hulp nodig. Meld asseblief enigiets of –iemand dadelik aan wat suspisie wek – of dit nou ‘n kar is wat stadig in die strate ry, of ‘n verdagte persoon wat rondom die skool rondhang. Ons kan nooit te versigtig wees nie!
Ons gaan binne die volgende paar dae ons noodplan weer oefen in skooltyd – albei scenario’s, naamlik ‘n volle ontruiming, en dan ook ‘n nie-ontruiming. Die SAPS en Copwatch sal deel vorm van hierdie noodplanoefeninge, so u moet rustig wees. Ons betrek hierdie rolspelers om hul reaksietyd te toets wanneer ons ‘n spesifieke noodsituasie sou ervaar waarby ons hulle moet betrek. Hierdie noodplanoefeninge sal sonder vooraf waarskuwing geskied, en sal aan ‘n tydtoets onderwerp word.
Gesels gerus weer met u kinders oor hul eie veiligheid, en oor hoe hulle hulself moet veilig hou. Druk dit hulle asseblief ook op die hart dat hulle erns moet maak daarmee – hul eie veiligheid, asook die regte manier om ‘n noodsituasie te hanteer – met kalmte en ordelikheid. Ek verwag van hulle om tydens ‘n noodplanoefening met die nodige erns en ordelikheid te reageer – inteendeel dring ek daarop aan.
Maak seker dat hulle altyd op hul hoede sal wees – altyd sal weet wie en wat rondom hulle is. Hulle is jonk en naïef, en dink op hierdie stadium van hul lewens dat almal goed is, en daarom wantrou hulle nie sommer iemand vreemds nie. Ons praat dikwels daaroor (ons probeer regtig ook om hulle nie histeries te maak met bangmaakstories nie).

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
UITKOMTYE
Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)

IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 12 September
Toets: Gr 7
Graad 6 kamp: Sediba Kwele
Gr 4 toer: Zwartkloof Game Lodge
Jnr koor oefening: 15:00 – 16:00
Sagtebal: 0/13 Uitspele
Krieketliga
Mini-Hokkie oefening

Vrydag: 13 September
Gr 4 kamp: Zwartkloof Game Lodge
Krieketliga
Hokkieliga

Saterdag: 14 September
5 Kore Koorfees in Skoolsaal
Mini-Hokkie afsluiting - Hennopspark
Maandag: 16 September
Kultuurgroepe – Lewende Woord: Musiekfees
Atletiekuitdunne: Graad R – Gr 2 (in skooltyd)

Dinsdag: 17 September
Netbal: Voorseisoen
Sagtebal: Uitspele 0/10 - Hermanstad

Woensdag: 18 September
Graad 1 Uitstappie

Donderdag: 19 September
Seniorfase: Rapporte word gekontroleer. Wees asb by die skool!
Atletiek Huissport – Gr 3 – Gr 6: 14:00

Vrydag: 20 September
Karakterdag: Trek aan soos ʼn karakter uit ʼn kinderboek asook skenkings van boeke
Skool sluit: 10:00

Dinsdag: 1 Oktober
Skool heropen
Ainos toer

Woensdag: 2 Oktober
Ainos toer

Donderdag: 3 Oktober
Ainos toer

Vrydag: 4 Oktober
Ainos toer
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
H_SNR_REVUE_BRIEFHOOF

Datums vir Senior Revue oudisies 2020:

Woensdag: 30 Oktober
Donderdag: 31 Oktober
Vrydag: 1 November
facebook cover 20190-9 SEPTgoedheid

SEPTEMBER VERJAARSDAE

8 Albertus Badenhorst
14 Ruzelle Grobler
18 Talita Vosloo
20 Engela Elliot
27 Corné Lindeque
28 Cindy van Smaalen
29 Lynette Coertze
facebook cover 20190-10 OKTrespek

OKTOBER VERJAARSDAE

2 Philippe Munro
4 Santie Coetzer
14 Elize de Lange
15 Sarett Sterk
19 Anneke Louw
30 Estelle Steenkamp
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
MySchool-poster-2
makro
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
lees
lees2
pjc1
pjc2
EcoTherm
8aug9_0000
midas SUPER SATERDAY
piano
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
makro1
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
makro2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

SEPTEMBER: WEEK 1

Ps 139:14 - Ek wil U loof want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Ps 145:5+6 - Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat. Ek wil van U grootheid vertel!

Ps 144:2 - U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil.

Handelinge 4:20 - “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Psalm 136:1 - Loof die Here want Hy is goed, aan Sy liefde is daar nie einde nie.

facebook instagram