HENNOPS NUUSBRIEF: 1 MAART 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

U is via die skool se databasis bygevoeg op die nuusbrief se subsripsie.
Ons hou U graag op hoogte wat in die kaalvoetskool gebeur.
Indien U nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram
uit-die-kantoor-banner-tr
Dit is so lekker om by die skool rond te loop en al die veranderings te sien wat die afgelope halfjaar aangebring is. Die Saal is klaar, en ons het vandag ons eerste formele aktiwiteit daar voltooi toe die Graad 7’s aanlegtoetse daar geskryf het. Die Saal is pragtig! Dit is heelwat groter as voorheen, en is regtig ‘n besondere mooi lokaal.

Ons het ook aan die agterkant van die Saal (bo – waar die projektorkamer en waaiers was) ‘n ruim oopplankantoor vir die departementshoofde ingerig – pragtig, en professioneel. Die tuine rondom die Saal is ook nou aan die beurt, en ‘n groot woord van dank aan Christine du Toit van die Beheerliggaam vir haar baie harde werk daarmee. Dit gaan ook die mooi prentjie perfek afrond wanneer die tuine klaar is.
Ons het die groot Wetenskaplaboratorium met “state of the art”-toerusting en –meubels ingerig, en vier ander klasse in laboratoriums omskep, kompleet met warm water, wasbakke en meubels. Die stoor waarin die chemikalieë gebêre word, is ook nou nuut en veilig.

Die nuwe voetganger-ingang langs die sporthek is klaar, kompleet met die waghuisie daar neffens. Nou kan ons kinders en besoekers veilig instap, sonder enige bekommernisse oor motors en verkeer tussen hulle. Daar is ook ‘n onderdak wagarea waar u kinders smiddae vir u kan wag om hulle op te laai.
Dankie aan James, Demetrio, Darius Steyn, en al die ander betrokkenes vir julle harde werk. Dankie veral aan Peter Williams, ons argitek, vir sy innovasie en leiding gedurende hierdie proses.

Liewe ouers, na die tragedie by Hoërskool Driehoek, het ons weereens ‘n volledige oudit laat doen oor die veiligheid van ons infrastruktuur. Ons doen elke jaar ‘n veiligheidsoudit, maar ons het dit goedgedink om ‘n strukturele ingenieur, Philip de Kock, wat ook die ingenieur was met die verbouings, te vra om ‘n baie deeglike oudit te doen. Hy het sy aanbevelings gemaak, en ons gee aandag aan dinge wat kan verbeter..
Ook het ons laasjaar reeds ‘n maatskappy aangestel om te kyk na al ons elektriese bedrading by die skool. Elke klaskamer, en elke muurprop is ondersoek en reggemaak indien dit nodig was. Hulle het toe vir ons ‘n “Certificate of Compliance” uitgereik, wat sê dat ons 100% reg en veilig is.

Baie dankie aan die Beheerliggaam vir die fondse wat julle bewillig het om hierdie noodsaaklike instandhouding te kon doen. Dankie dat julle die veiligheid van ons kinders en personeel altyd vooropstel.

Ook is ons opgewonde oor die tegnologiese vooruitgang by Hennopspark. Ek was vir ‘n groot operasie, en kon my klasse via die Google Classroom-app, as deel van ons Google Suite, aanbied terwyl ek tuis aangesterk het. Ek, en ek glo die kinders ook, het dit baie geniet.Ons het vir u gerief, elke onderwyser se Google e-posadres op die Kommunikeerder geplaas. Dit is die adres wat u moet gebruik wanneer u met ‘n personeellid wil kommunikeer. Ons kyk elke dag na daardie e-posse, en reageer graag wanneer u met ons wil praat. Moet asseblief nie personeel se persoonlike e-posadresse gebruik vir kommunikasie nie – ek verwag van elke kollega om elke dag hulle amptelike skool e-posse na te gaan en te hanteer. My e-posadres is jraath@hennops.com. Voel vry om dit te gebruik.

Wanneer u weer by die skool is, neem gerus ‘n paar minute om na die verbeterings by die Saal te kyk – ek weet u gaan net so trots soos ons wees op ons mooi skool!

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark

Donderdag 28 Feb
Toets
Netbal Distrikproewe: 0/12 en 0/13

Vrydag 1 Maart
Blougolfdag en Angelsdag: Stuur asb ‘n produk indien u kan
Atletiek: Gissa – Ruimsig
Swem: Friendly Friday
Voortrekkers: Oord Monument Jnr en Snr Kamp

Saterdag 2 Maart
Rugby en Netbal: Vastrap - Tuis
Atletiek: Gissa: Ruimsig Stadion
Maandag 4 Maart
Toets
Foto’s: Gr 2 Individuele foto’s
Netbal: Kursus: 0/9 en 0/10: 14:00
Tennisliga
Voortrekkers: Spanvergadering: 17:00

Dinsdag 5 Maart
Foto’s: Gr 3 Individuele foto’s

Woensdag6 Maart
Toets
Rugby en Netbal: Fairlands: Tuis
Netbal: Distrikproewe
Foto’s: Gr 4 Individuele foto’s

Donderdag 7 Maart
Foto’s: Gr 5 Individuele foto’s

Vrydag 8 Maart
Netbal: Sun City toernooi
Foto’s: Gr 6 Individuele foto’s
Super 12 Redenaars

Saterdag 9 Maart
Super 12 Redenaars
Jnr Revue oefendag: 9:00 – 14:00
Perdry: Qualifier 2
Bulletjie Rugby Karnavaldag
facebook cover 20190-3 MRT.geloof

V E R J A A R S D A E

------------------------------------------------------------------
4 Benedette vd Westhuizen
5 Mev Marinda Raath
6 Susan Strydom
10 Juan Parsons
13 Elize Mouton
13 Ilse Etsebeth
13 Yolanda Nell
13 Herma du Plessis
15 Kim Pretorius
18 Corné van Rijn
19 Shelise Cilliers
20 André le Roux
22 Liezal Steele
29 Claudette Brits
30 Adri van Eck
30 Marie Myburgh
30 Anneli Kleynhans
SPORT_banner images with link 1600x300
H_SWEM_BRIEFHOOF

B-Liga Gala

Baie geluk aan al ons swemmers. Ons seuns het gewen en
algeheel is ons tweede.

Dankie Juf Liezal en helpers
vir al julle harde werk.

H_MUURBAL_BRIEFHOOF

Frederik Botha en

Nico J van Rensburg,

gaan in Bloemfontein deelnreerm aan die Ope.
Dit is ’n SA Kwalifiserende
Muurbaltoernooi.

Baie sterkte aan hulle.

LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
OPEDAG2019 fbevent
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Groenteblikkies, vleisblikkies, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, Koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD2 feb 2019
myschoolfeb2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

Pinsel art Studio - Pamflet 11.01.19 A
BARLOWORLD feb 2019
MCVDBerg
VOORSTREKKERS2
Eagles Pamphlet A 2019
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

WEEK 1 - MAART

Psalm 18:29 - U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my.
Johannes 14:6 - Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Spreuke 4:23 - Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Kolossense 3:17 - En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Spreuke 3:6 - Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.