HENNOPS NUUSBRIEF: 1 AUGUSTUS 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ons doen baie moeite om ons kinders en personeel veilig te hou by die skool. Dit kos ons ook baie geld om te verseker dat ons ongehinderd ons dinge hier kan doen. Ons huur ‘n veiligheidsmaatskappy om die gronde te patrolleer – selfs regdeur elke nag is hier twee veiligheidsbeamptes met honde wat na ons eiendom kyk. Ons gebruik ook elke dag van ons eie manswerkers by die skool om vanaf vroeg die hekke te beman. Hulle is ook elke middag op hulle pos, en hulle doen hul werk uitstekend. Dis veral vir my lekker om te sien hoe vriendelik hulle ons kinders groet wanneer hulle elke oggend by die hekke instap.
Maar ek wil u mooi vra – ons betaal elke een van hulle vir hierdie ekstra diens wat hulle buite hul gewone werksure doen – moet hulle asseblief NIE ‘n fooitjie gee nie. Gistermiddag het hier ‘n ander perd, wat glad nie by ons skool betrokke is nie, probeer om geld by van ons ouers te bedel. Hy het selfs beweer dat hy hier werk. Dis ‘n infame leuen. Ek het hom persoonlik gaan verwyder tussen die karre wat in Mopanieweg geparkeer gestaan het. Laat weet my asseblief dadelik as enigiemand u ongemaklik laat voel wanneer u hier is om u kinders op- of af te laai.
Ek praat dikwels oor ons kinders se veiligheid wat tegnologie aanbetref – met hulle, en met u. Om kinders se selfoongebruik (spesifiek internetgebruik) te monitor by die skool is absoluut onmoontlik. Ons laat hulle in elk geval nie toe om selfone by die skool te gebruik nie – op ons skoolterrein is selfone verbode tussen seweuur en tweeuur. Smiddae mag hulle dit gebruik om u te bel – dis al. Dis tog hoekom u vir hulle ‘n foon gegee het – om met hulle ouers te praat, en nie om te surf nie.
Maar ek sê vir u baie duidelik: in die middae, by die naskoolsentrum of selfs op die pawiljoen terwyl hulle wag vir oefening, gebeur goed wat my hare laat rys. Ek wil my kar omgooi as ek na skool verby die naskool ry en sien hoe drom ‘n groep seuns om een selfoon saam. Waarna kyk hulle? Is u gemaklik daarmee dat u kind saam met ‘n ander kind op die ander een se foon na goed kyk? Maar hoe beheer ons dit? Ons kan tog nie die hele dag oor hulle skouers loer om te sien waarmee hulle besig is nie. So, ek weet nie regtig nie. Wees net bedag. Ek kan nie dit kleinkry dat ouers vir hulle kind ‘n slimfoon gee nie. Daar loop kinders in hierdie skool rond wat duurder fone het as wat ek ooit sou kon bekostig. Dis amper asof die kinders (of dalk hul ouers) dink jou waarde word bepaal deur die foon wat jy het. Ek weet kinders eis sulke goed, want die image is tog als, maar my maggies! Sê net nee! As jy toegee, gaan jy nie minder probleme kry vorentoe nie. As jy standpunt inneem, red jy dalk net jou kind van groot hartseer.
Daar is kinders wat geen beperkinge het op die hoeveelheid data wat hulle mag gebruik nie, en niemand kyk ooit na watter webtuistes hulle kinders kyk nie. Ons filosofie is mos: Stop hom ‘n selfoon in die hand, dan pla hy my nie.
As u na u kind se selfoongebruik omsien, is dit goed so. Maar meer as die helfte van ons skool se kinders se ouers doen dit nie. En ú kind gaan met dáái kinders te doen kry. Hulle gaan vir jou kind goed wys wat jy nie sal goedkeur nie. Wees bewus daarvan. Weet dat daar ander mense is waarmee jou kind gaan omgaan, wat nie dieselfde waardesisteem het wat julle het nie. Weet ook dat jy nie jou kinders van hulle af sal kan weghou nie. Een of ander tyd gaan daardie kieme van die samelewing jou kind se pad kruis.
So: Wees betrokke by jou kind – alles van hom. Weet waarna hy kyk. Beperk sy internetgebruik. Kyk met wie gesels hy op WhatsApp. Kyk wat sê hulle vir mekaar. Weet wie sy vriende is. Weet wie sy vriende se ouers is. Dit is jou taak as ouer om vir jou kind respek vir reëls te leer. Dit is nie jou taak om sy tjommie te wees nie. Hy wil in elk geval nie jou maatjie wees nie. Die feit dat jy hom laat wegkom met baie dinge, of vir hom alles gee wat sy hart begeer, gaan nie maak dat hy meer van jou hou nie. Inteendeel…hy gaan heel waarskynlik nie veel respek vir hierdie ou toppie hê wat so ruggraatloos is.
Jou kind is ‘n millennial. Millennials eis alles. Hulle is “demanding”. Hulle is “entitled”. Hulle is geweldig arrogant, as jy hulle toelaat. Maar hulle is kinders, net soos ek en jy op ‘n tyd was. Steeds kinders wat leiding nodig het, soos toe ek en jy kinders was – nie kinders wat net gelos wil word nie.
Ek is nie’n millennial nie. Ek weet ek is outyds. In my huis maak ek die reëls. Daai reëls gaan nie verander nie. Not on my watch. Omdat ek arrogant is? Nee!!! Omdat ek ‘n verantwoordelikheid het waaroor ek eendag sal moet rekenskap gee. My kind gaan nie daai dag kan opkom vir sy cool pa nie. Ek gaan op my eie wees.
Sterkte! Dit word elke jaar moeiliker om ‘n ouer te wees. Maar dis nie onmoontlik nie.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
KALENDER_TILE EN IMAGE
Donderdag: 1 Augustus
Toets: Engels
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga

Vrydag: 2 Augustus
Kaskardag en Bloulympics asook Entrepreneursdag
Krieketliga
Hokkieliga

Saterdag: 3 Augustus
Hokkieliga
Snr Revue TYAF Staatsteater
Snr Koor TYAF Staatsteater
Maandag: 5 Augustus
Tennisliga
Krieketliga

Dinsdag : 6 Augustus
Mini-Hokkie oefening
Krieketliga
Kunswerke Veiling

Woensdag: 7 Augustus
Super 12 Bybelvasvra – Elarduspark
Krieketliga
Wetenskap Expo

Donderdag: 8 Augustus
Toets
Mini-Hokkie oefening

Vrydag: 9 Augustus
Publieke Vakansiedag
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir ANDROID: laai hier af
playstore-icon-mobile-retina-300x95
D6connect
D6 Connect sal binnekort die D6 Communicator vervang: U sal hier reeds U kind se akademiese geskiedenis kan besigtig.
Ons skool se sperdatum vir oorgang sal binnekort bekend gemaak word.

Vir APPLE: laai hier af
appstore-icon-mobile-retina-300x95
SPORT_banner images with link 1600x300
Super 12 Landloop
Geluk aan die volgende leerders met hul puik prestasie by die
Super 12 Landloopbyeenkoms:
Dogters 0/12: Luca de Waal – 3de plek
Seuns 0/12: Iddo van Daalen – 2 de plek
Seuns 0/13: Anton Stassen – Wenner
Groep:
Seuns 0/11: 2de plek
Dogters 0/12: 3de plek Seuns 0/12: 2de plek

Skaak
Baie geluk aan ons 0/9 A Skaakspan. Hulle het ʼn 3de plek
verwerf by die D4 kampioenskappe.

Muurbal IPT’S:
Baie geluk aan die volgende leerders wie lede was van die IPT’s Muurbalspanne wat 2de plekke (silwer medaljes) verwerf het: Frederik Botha – 0/13 A en Reuben Arnoldi – 0/13 B
facebook cover 20190-8 AUGvriendelikheid

AUGUSTUS VERJAARSDAE

2 Erika Doubell
2 Annelize van Niekerk
6 Sanette van Niekerk
8 Adriaan Pretorius
11 Jacolene Smit
12 Nonnie Koch
12 Luan van der Schyff
13 Tanya Lombard
16 Rhoda Louw
17 Liezl Grobler
20 Mariaan vd Westhuizen
20 Coleen Pelser
23 Carla Stevens
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKEL VIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
barlo4
myschoolmandela
makro4
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

wisk12jul
Email generator add
MAKRO aanvaar nou slegs jou App - kaart -
makro1
Laai hier af en ondersteun ons skool gerieflik!
makro2
pjc1
pjc2
Minika Advertensie
Skoolgereedheid_3de kwrt
EaglesPamphlet A 2019
Teachers_day_Landing_1
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

AUGUSTUS - WEEK1



Jesaja 50:10
Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun.


1 Korintiërs 10:13
God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

Jesaja 59:1
Die arm van die Here is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te doof om te hoor nie.

Romeine 12:21
Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Psalm 23:1
Die Here is my Herder; ek kom niks kort nie.
facebook instagram