HENNOPS NUUSBRIEF: 25 APRIL 2019
BABBELBEKKIE image
Goeie dag

Ons hou u graag op hoogte wat in die Kaalvoetskool gebeur.
Indien u nie ons nuusbrief of eposse op hierdie platform wil ontvang nie, klik hier onder om te kanselleer.

BABBELBEKKIE NUUSBRIEF
TEKEN AF | BESTUUR U SUBSKRIPSIE

facebook instagram 
uit-die-kantoor-banner-tr
Liewe Ouers

Ek het die naweek in een van my seun se boeke die mooiste verhaal gelees, en ek deel dit graag met julle. In hierdie tyd waartydens ons Jesus se offer aan die kruis gedenk, was dit nogal vir my baie spesiaal.
Daar was ‘n klein seuntjie vir wie sy ma-hulle elke aand uit die Bybel gelees het, en vir hom van Jesus vertel het. Hy het dikwels gesê dat hy graag vir God sou wou ontmoet. Sy ma pak toe vir hom ‘n tassie met Tinkies en sappies in vir sy ekskursie op hierdie reis wat hy na die parkie onderneem het om vir God te ontmoet.
Hy stap by die parkie in, en gaan sit op ‘n bankie. Daar sit ‘n bejaarde vrou langs hom op die bankie. Hy vat ‘n slukkie van sy vrugtesappie. Hy besluit toe om vir die ou vrou langs hom die Tinkie te gee. Sy aanvaar dit met ‘n glimlag. Haar glimlag was vir hom so mooi, dat hy besef het dat hy dit graag weer wil sien. Hy gee haar toe ‘n slukkie van sy vrugtesap.
Toe glimlag sy weer. Die hele middag het hulle geëet en geglimlag, maar nooit ‘n dooie woord gesê nie. Toe dit skemer word, staan die seuntjie op, gee vir die tannie ‘n drukkie, en sy glimlag weer vir hom.
Toe die seuntjie by sy huis instap, was sy ma aangenaam verras oor die groot glimlag op sy gesig. “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig gemaak het?”, vra sy ma.
Sy antwoord was: “Ek het saam met God geëet”, en voor sy ma ‘n woord kon uitkry, sê hy verder: “Sy het die mooiste glimlag in die hele wêreld.”
Intussen het die ou tante by haar huis aangekom. Haar seun was verstom oor die vreugde op haar gesig, en hy vra “Ma. wat het vandag hierdie vreugde veroorsaak?”
“Ek het in die parkie saam met God Tinkies geëet”, sê sy ma. Voordat haar seun enigiets kon uitkry, gaan sy voort: “Jy weet, Hy is baie jonger as wat ek verwag het.”
Richard A Schmidt het geskryf: ”God is less interested, I suspect, in our acts of obedience than in the pleasure of our company.” Dit beteken dat al die mooi en edel dinge wat ek doen, in Sy Naam, nie soveel waarde het as die tye wat ek en Hy in mekaar se geselskap is nie. So is dit ook met mense.
Die Amerikaners – in my opinie waarskynlik die mees oppervlakkige en “vlak” nasie in die wêreld – het ‘n gewilde sêding: hulle praat van ouers en kinders wat “Quality time” saam moet spandeer. Vir daai uur of twee wat jy elke dag saam met jou kind spandeer, moet jy soveel as moontlik aktiwiteite inbou. So vind julle mekaar. So sorg jy dat jou kind nie eendag vir jou verkwalik omdat jy so hard gewerk het en so min by die huis was nie. Aldus hulle.
Ek, daarenteen, glo aan “Quantity time”. Soveel as moontlik tyd saam met jou geliefdes. Al doen julle niks. Al sê julle niks. Net deur in mekaar se teenwoordigheid wees, bou julle die verhouding. Saam om ‘n etenstafel. Saam Bybel lees en bid. Saam ‘n TV-storie kyk in die sitkamer. Saam by die Wimpy ontbyt eet.

Jannie Raath

Uitvoerende Hoof Laerskool Hennopspark
Donderdag: 25 April
Rugby en Netbal teen Garsfontein – weg
Mini-Hokkie: Ouervergadering: 17:00
Mini-Netbal teen Constantiapark - Weg

Vrydag: 26 April
Mini-Hokkie Kliniek en Afrigterskursus Gr 1 en 2: 14:00 – 17:00

Saterdag: 27 April
Vryheidsdag
Mini-Hokkie Kliniek en Afrigterkursus Gr 3: 9:00 – 12:00
Maandag: 29 April

Dinsdag: 30 April
Mini-Hokkie oefening begin

Woensdag: 1 Mei
Publieke vakansiedag

Donderdag: 2 Mei
Woensdagrooster
Toets: Afrikaans
Wetenskap Expo in saal
Rugby Liga teen Wonderboom – Tuis
Mini-hokkie oefening
Moedersdagverkope

Vrydag: 3 Mei
Ainos oefenmiddag: 14:00 – 17:00
Moedersdagverkope
Krieketproewe: 0/11: 14:00 – 15:15 0/12 en 0/13: 15:30 – 17:30

Saterdag: 4 Mei
Super 12 Skaak – Groenkloof kampus
Jnr Revue oefendag: 9:00 – 14:00
Rugby: Bloubulproewe: 0/12 en 0/13
facebook cover 20190-4 APR.vreugde

VERJAARSDAE

APRIL:

3 Twanette de Jager
6 Henrietta Schuld
9 Lize-Mari du Toit
10 Jannezelle Gamble
12 Bernise Odendaal
13 Juliet Horne
15 Ronel Mulder
23 Retha Nel
27 Antoinette Grobler
27 Linda van der Linde
28 Jan Coetzee
LAERSKOOL HENNOPSPARK SKOOLWAPEN en kleure

Uitkomtye


Graad R - 13:00
Graad 1 - 13:00
Graad 2 13:20 (Vrydae om 13:00)
Graad 3 13:30 (Vrydae om 13:00)
Graad 4 – 7 13:40 (Vrydae 13:10)


IS U SKOOLFONDS IN ORDE?

VOLG DIE SKAKELVIR 2019 FOOIE of kontak ADMIN
bontstaan_banner_wit

Hek 4 in Blackwoodstraat

TYE

Maandae tot Vrydae:

07:00 – 07:35

Maandae tot Donderdae:

12:45 – 13:50

NB:
Ouers moet asb ‘n brief saam met u kind stuur indien hy/sy klere wil koop. Ek kan hulle nie help as ek nie weet wat hulle nodig het nie. Ek kan ook nie verantwoordelikheid neem van geld wat weggeraak het of vir aankope wat verkeerdelik gedoen is nie.

Dankie
Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947)
angels_WIT_banner
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing.
Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.

VOORSTELLE: Angelprodukte:
Gr R Enige nie-bederfbare produkte
Gr 1 Mieliemeel, oats, graankosse, suiker
Gr 2 Pastasous, pasta, spaghetti, tamatiesmoor
Gr 3 Blikkieskos: Groente-, vleis-, tuna, baked beans
Gr 4 Soppoeier, cup of soup, sopblikkies, rys
Gr 5 Sout en souse soos: olie, tamatiesous, mayonaise
Gr 6 Lekkernye, koffie, tee en melk
Gr 7 Seep, tandepasta, toiletpapier, sjampoe, deodarant
Alle Grade Finansiële bydrae
LSH_borge
BARLOWORLD2 feb 2019
VRIENDE VAN HANNOPS_TILE EN IMAGE

ADVERTENSIES

Vir advertensieplasings kontak: aalkema@hennops.com

MCVDBerg
03cdc082-0faa-4b6f-bd8a-903cc3155434
Eagles Pamphlet A 2019
hokkie2
facebook cover 20190-1 ALG JAAR TEMA LIG

APRIL Week 5

Johannes 12:46
Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat die wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

Romeine 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Galasiërs 4:6
En odat ons Sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun in ons harte gestuur.

Galasiërs 5:16
Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.

Galasiërs 5:1
Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie Vryheid.
facebook instagram