Kommunikasie vanaf die skool se kant, geskied meestal deur die skool se D6 Connect wat u op u selfoon en rekenaar kan aflaai. Die sisteem sal u waarsku wanneer daar enige veranderinge aan die program plaasvind, of wanneer daar sake is waarvan u dringend moet kennis neem. Die D6+ is die kernbron van inligting by Laerskool Hennopspark. Laai die D6 Connect Toepassing af vanaf die volgende adres en kies dan Laerskool Hennopspark: Registreer met die stappe wat volg, en pas kanele aan om te volg wat op u kind van toepassing is:
Nuwe kommunikasie kanale is geskep vir advertensie geleenthede:
Besigheidsforumlede of aansoeke: (slegs ours van ons skool) kontak Chantell Alers of epos calers@hennops.com
Adverteerders kontak: Yolandi Minnie, die skool se liaison by yminnie@hennops.com
"MY SCHOOL"
Ons wil graag versoek dat u sal deelneem aan hierdie manier van fondsinsameling vir ons skool. Laai asseblief die toepassing op u foon af en koppel Laerskool Hennopspark as begunstigde.
MAKRO KAART
Die manier van fondsinsameling is vir ons van groot waarde. Laai asseblief die toepassing op u foon af en koppel Laerskool Hennopspark as begunstigde.