Laerskool Hennopspark

G E M E E N S K A P S D I E N S

H_KAALVOET_BRIEFHOOF

ANGELS PROJEK

Laerskool Hennopspark neem soos die geleentheid hom voordoen, gereeld aan verskeie projekte deel om hulle betrokkenheid by die gemeenskap te bevestig.

Hierdie is een van die skool se permanente projekte.

Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening inbetaal met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool.

U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ‘n grootse poging om voorraad in te kry.

GRAADVOORSTELLE WAT U KAN BRING
GRAAD REnige nie-bederfbare produk
GRAAD 1Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
GRAAD 2Long Life Melk en/of tee
GRAAD 3Suiker en/of koffie
GRAAD 4Rys, pasta, soppoeiers
GRAAD 5 & 6Blikkieskos, alle groente en vleis, koekmeel
GRAAD 7Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe, toiletpapier
ALLE GRADEFinansiële bydrae