Laerskool Hennopspark het ‘n verpligte uniform beleid. Ons skool is trots op ons leerders se voorkoms en ons skooluniform.
Skooldrag moet altyd netjies wees – die klere moet skoon wees en moet die kind mooi pas. Die skooluniform en sportklere is beskikbaar by Bontstaan Klerewinkel, gerieflik geleë op die skoolgrond.
Toegang by die Bontstaan Hekkie in Blackwood Straat.
WINKEL URE
Maandag tot Donderdag 7:00 tot 7:30 en 12:45 tot 13:45
Vrydag 7:00 tot 7:30
Die klerewinkel volg dieselfde kalender as die skool, maar sal in Januarie een week voordat die skool begin, oopmaak. Hou asseblief D6 dop vir enige veranderinge of aankondigings.