
AKADEMIE
Intersen Graad 4-7
LEERPROGRAM
Intermediêre Fase
Graad 4-6
Vakke
Die CAPS-kurrikulum word gevolg.
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskap en Tegnologie
- Sosiale Wetenskappe
- Geskiedenis
- Geografie
- Lewensvaardighede
- Kuns & Kultuur: Uitvoerende Kuns, Kreatiewe Kuns
- Fisiese Aktiwiteit
- Persoonlike en Sosiale Welsyn
Senior Fase
Graad 7
Vakke
Die CAPS-kurrikulum word gevolg.
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Tegnologie
- Sosiale Wetenskappe
- Geskiedenis
- Geografie
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
- Lewensoriëntering (Fisiese Aktiwiteit)
- Kuns & Kultuur
- Uitvoerende Kuns
- Kreatiewe Kuns
Kleingroep Wiskunde
Vanaf Graad 4 ontvang alle leerders Wiskunde in kleiner groepe van ongeveer 15 leerders per klas. Die voordele daarvan is legio, maar die verskil wat dit maak is sigbaar in ons uitslae en die prestasies wat ons kinders in die hoërskool bereik. Hierdeur word daar ook gepoog om ‘n gevoel van positiwiteit by die leerders te skep en glo ons dat dit ‘n groot bydrae sal lewer tot ons kinders se besef van selfwaarde, omdat hulle individueel gehelp kan word.
Benodigdhede
Die skoolbenodigdhede word jaarliks op die “D6 Connect” geplaas.
Huiswerk
Ons kweek ‘n pligsbesef by ons leerders en daarom hou leerders alreeds vanaf Graad 4 self boek van werk wat hulle tuis moet voltooi.
Rapporte & Oueraande
Na afloop van die uithandiging van die eerste rapport aan leerders, word die eerste oueraand van die jaar gereël. U as ouer is ook welkom om enige aspekte rakende u kind met die vak- of voogonderwyser te kom bespreek.
Kommunikasie
Kommunikasie vanaf die skool se kant, geskied meestal deur die skool se “D6 Connect” wat u op u selfoon en rekenaar kan aflaai. Die sisteem sal u waarsku wanneer daar enige veranderinge aan die program plaasvind, of wanneer daar sake is waarvan u dringend moet kennis neem.
Die “D6 Connect” is die kernbron van inligting by Laerskool Hennopspark. Kommunikasie na personeel, vanaf u as ouer geskied per e-pos. Personeel kyk daagliks na hul e-posse en sal u spoedig antwoord. Vir enige dringende kommunikasie is u ook welkom om ‘n boodskap by die ontvangsdame te los en dit sal na die betrokke onderwyser oorgedra word.
Hulpverlening
Personeel stap die ekstra myl tydens lestyd om hulp te gee aan leerders wat dit benodig.
Akademiese afspraak is op Maandag, Woensdag of Vrydagoggende. Afsprake word deur onderwysers gemaak waar hulle sien ‘n leerder ‘n konsep nie verstaan nie, of selfs net om ‘n leerders te help wat siek was. Leerders wat graag ekstra hulp wil hê mag ook ‘n afspraak met hul onderwyser maak.
Leerders word dan uitgenooi na so sessie deur ‘n briefie in hul skrif te plak of die leerder dit te laat aanteken in sy/haar huiswerkboek.