Laerskool Hennopspark neem soos die geleentheid hom voordoen, gereeld aan verskeie projekte deel om hulle betrokkenheid by die gemeenskap te bevestig.
Hierdie is een van die skool se permanente projekte.
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die HENNOPS KINDERS TRUST se rekening inbetaal met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien kos aan die behoeftige leerders van ons skool, sowel mediese hulp vir die geidentifiseerde kinders.
U kan deurentyd produkte in die houer by die hek plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ‘n grootse poging om voorraad in te kry, wat dan aan die gesinne gestuur word.