WELKOM BY LAERSKOOL HENNOPSPARK
GRAAD R

Beleef die avontuur!

‘n Reis van ‘n duisend myl begin met ‘n enkele kaalvoet tree

boet4

Kry jou kaalvoet avontuur paspoort…

Laai hier af…

Druk uit & vul in, hardekopie word by Graad R Sentrum ingehandig saam met die nodige dokumente.

Wolf, Wolf hoe laat is dit?….

INSKRYWINGS

Inskrywingsvorms kan daagliks tussen 07:00 – 17:00 by die Kleinspoortjieskantoor afgehaal en ingedien word.

SKOOLTYE

Halfdag: 06:30 – 08:00 tot 13:00 – 13:30

Voldag: 06:30 – 08:00 tot 14:15 – 17:30 

SKOOLFOOIE

Registrasiefooi
R2000 (nie-terugbetaalbaar). ‘n Kleinspoortjies T-hemp, die voorgeskrewe skoolsak, ‘n pet, alle instappies, asook apparaatfooie word by hierdie fooi ingesluit. 
Maandelikse fooie
Betaalbaar oor 12 maande.
Halfdagfooi: R3500 per maand 
Voldagfooi: R3800 per maand
Afslag van 5% op skoolgelde vooruitbetaal teen 15 Desember 2021.

VERVERSINGS

  • Ontbyt sal tussen 07:00 – 7:30 bedien word.
  • Om 09:45 geniet leerders verversings. Hiervoor stuur ouers vir die leerders  ʼn gesonde kosblik en ʼn bottel water skool toe.
  • Voldagleerders geniet middagete 13:15 en ʼn broodjie/vrug teen 15:30.
  • Allergieë moet met inskrywing aangemeld word.

KLEREDRAG

  • Gemaklike, ou klere wat kan vuil word en die toiletroetine vergemaklik.
  • ‘n Addisionele stel skoon klere moet te alle tye in die leerder se skoolsak beskikbaar wees.
  • Kaalvoet in die somer.
  • Skoene wat met Velcro vasgemaak word kan in die winter gedra word.
  • Kleinspoortjie T-hemp word op Vrydae en spesiale geleenthede met ‘n denim gedra. 

SEKURITEIT

  • Kleinspoortjies maak van ʼn biometriese sisteem gebruik. Slegs volwassenes wat op hierdie sisteem geregistreer is, kan toegang tot die perseel verkry.
  • Die perseel word 24 uur per dag deur kameras gemonitor.

AKTIWITEITE

OPVOEDKUDIGE BENADERING

Kleinspoortjies is opmerklik anders. Die perfekte leeromgewing vir u kind. As deel van die Hennops-familie sien Kleinspoortjies die voorskoolse kind in totaliteit. U kind word ondersteun om binne ‘n verrykende milieu holisties te ontwikkel. Ons Afrikaans- Christelike karakter vorm ‘n verlengstuk van die goeie waardes wat reeds tuis aangeleer en ontwikkel word. 
In die dagprogram word konsepte en vaardighede bekend gestel. Daagliks word daar geëksperimenteer en ontdek. Ons spog met ruim klaskamers en ‘n groot pragtige speelgrond waar kreatiewe denke gestimuleer word en probleemoplossingsvaardighede aangeleer word deur middel van spel. 
Die ontwikkeling wat moet plaasvind in die Kleuterfase van 3 tot 6 jaar is van uiterste belang, omdat dit die fondasie vir elke area van ontwikkeling vorm. Ons kleutergesentreerde program bestaan uit ‘n kombinasie van die konsepte en leerprogramme uit ISASA se Vroeë Kinderontwikkelingskurrikulum, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se handleiding en die Matal-program wat sinvol verwerk en aangepas is. Die program behels onder meer:
  • Om ‘n ondersoekende ingesteldheid te kweek
  • Om kreatiewe denke en estetiese bewustheid te koester
  • Om wiskundige vaardighede en taalontwikkeling te bevorder
  • Om ondernemingsgees aan te moedig
  • Om sukses te geniet en realisties na mislukkings te kyk
  • Om die omgewing deur beweging te ondek
  • Om emosionele intelligensie deurlopend te ontwikkel
By Kleinspoortjies lê ons die fondasie vir formele onderrig. Ons doelwit is om kinders toe te rus om as gebalanseerde, burgers van die samelewing te ontwikkel en om die oorgang van informele onderrig na formele onderrig so maklik en suksesvol as moontlik te maak. Die leerders van Kleinspoortjies ontvang ook voorkeur vir plasings vir Graad R by Laerskool Hennopspark. 

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Opsionele buitemuurse aktiwiteite word as aanvulling aangebied tydens rus- en speeltyd. Ons moedig egter ouers aan om nie te veel hiervan te kies nie – te veel aktiwiteite te vroeg, ontneem leerders van belangrike speeltyd. Spel bly vir leerders steeds die leerskool van die lewe en te veel aktiwiteite maak ook inbreuk op ons eie ontwikkelingsprogram.  
  • Goedgekose aktiwiteite word op die skoolgronde aangebied.
  • Hierdie aktiwiteite word nie deur die skool geadministreer nie.

ONDERWYSERS

Die personeel by Kleinspoortjies is almal passievol en toepaslik gekwalifiseerd. Alle personeel is by SACE geregistreer. Elke onderwyseres beskik oor ‘n 4 jaar-onderwysgraad. Daar is ook in elke klas ‘n assistent-onderwyseres wat individuele aandag moontlik en toeganklik maak. Om die sukses van onderrig te verseker, is ‘n hoë werksetiek en werkstrots by elkeen van ons personeel teenwoordig.

VOLDAG EN VAKANSIETYE

Leerders wat vir voldag gerigistreer is skakel 13:00 by die voldag in.
  • Register word geneem en daarna geniet leerders ʼn gebalanseerde middagete.
  • Die middagprogram bestaan uit buite- en vryspel.
  • Voldagpersoneel bestaan uit een onderwyseres en assistente.
  • ʼn Broodjie/vrug word omstreeks 15:30 genuttig.
  • Voldagleerders kan enige tyd tussen 13:45 en 17:30 afgehaal word.
 
Kleinspoortjies is gedurende alle DBO skoolvakansies oop.
Die vakansieprogram is minder formeel gestruktureerd, maar gee steeds aan die ontwikkelingsmylpale aandag.
  • Dit behels onder andere buitespel, kreatiewe en skeppende aktiwiteite, ontdekkingsaktiwiteite, waterspel en stories.

KONTAK BESONDERHEDE