
WELKOM BY LAERSKOOL HENNOPSPARK
GRAAD R



Kry jou kaalvoet avontuur paspoort…
Druk uit & vul in, hardekopie word by Graad R Sentrum ingehandig saam met die nodige dokumente.
…Aflaai…
AANKOMSTYE
…Oplaai…
VERTREKTYE
…Oplaai…
VERTREKTYE
…Oplaai…
VAKANSIETYD!
Blou Graad-R T-hemp
Blou sportbroek
Kaalvoet
Leerders wat na naskole stap, bring plakkies saam.
Hare: Hare moet netjies vas wees. Geen juwele, hoë hakskoene of fantasieklere nie.
Blougolfdae: Ons Graad R – leerlinge dra nie die Blougolf-hemde nie. Hul dra slegs die Graad R T-hemp.
Alle Graad R – skooldrag is op die terrein by die Bontstaan klerewinkel beskikbaar. Alle klere moet gemerk word. Onopgeëiste, verlore klere sal na ‘n maand aan ‘n kindersorg- instansie geskenk word.
Blou Graad -R T-hemp
Blou sweetpakbroek
“Fleace” – baadjie
Tekkies
Skoolaktiwiteite wat seisoenaal aangebied word sluit in:
- Mini-Netbal
- Mini-Hokkie
- Bulletjie-rugby
- Mini-Krieket.
Bogenoemde word gratis aangebied, maar registrasiefooie mag gehef word.
Meer inligting oor die tye en reëlings aangaande die mini-sport sal deur die jaar aan u gekommunikeer word.
- Swem word privaat afgerig en leerders word by die skool afgehaal en terugbesorg dwarsdeur die jaar. Let asseblief daarna op dat geen leerder die terrein sal verlaat indien die fasiliteerder nie in besit is van ‘n sekuriteitskaartjie van u kind nie.
- Tennis word dwarsdeur die jaar vroegoggend deur M-SPORT aangebied. ‘n Maandelikse fooi sal gehef word, indien u kind hieraan wil deelneem.
Die volgende buitemuurse aktiwiteite word by ons Graad R-Sentrum teen ‘n addisionele fooi aangebied:
Ouers besluit self oordeelkundig aan watter aktiwiteite hul kind gaan deelneem. Demo-lesse, kontakbesonderhede en inskrywingsvorms word aan die begin van elke jaar gegee. GEEN fooie of administratiewe aangeleenthede hier rondom word deur die Graad R-sentrum hanteer nie. Buitemuurse aktiwiteite word slegs aangebied indien daar genoeg belangstelling is en is onderhewig aan verandering.
- Ballet
- Experimaatjies
- Gholf
- Gimnastiek
- Little Titans Krieket
- Monkeynastix
- Rugga kids
- Young Engineers
- Wise Eye