Skip to content

KULTUUR

Kultuur is ‘n groot deel van die hartklop van Hennopspark! Daar is op elke terrein geleenthede vir ons kinders om in te skakel, talent te ontdek en te ontwikkel. Die skool het vyf sanggroepe wat regdeur die jaar deelneem op uitnodiging van ander instansies, maar ook aan kompetisies. 

Redenaars
Ons skool se leerders hou van redeneer en staan hul man in klaskamers en op verhoë in verskeie kompetisies. Redenaars ontwikkel jaar na jaar en die skool is geseënd met puik afrigters en wonderlike talent. Die redenaars neem ook kompeterend deel aan Super 12-redenaars, Radikale Redenaars en die ATKV-kompetisie. Leerders word die fynere kuns van toesprake, aanspreekvorme en etiket tydens funksies en vergaderings aangeleer.

Kultuurkarnaval
Die hoogtepunt op die Hennopskalender! ‘n Jaarlikse fees van Kuns en Kultuur wat ‘n breë platform bied vir die leerders om hulle talente te ontwikkel. Dans, drama, sang, kuns, fotografie, skryfkuns, stokperdjies, rekenaaraanbiedings en nog vele meer word aangebied. Die afdelingswenners se items, word deel van twee hoofaande, waar ‘n verskeidenheidskonsert vir die skool se ouergemeenskap aangebied word.

Kore
Junior Koor: (Graad 1 – Graad 3)
Senior Koor: (Graad 4 – Graad 7)
Die kore neem deel aan kompetisies soos ATKV Applous, Super 12-koorfees, Centurion Kunstefees en die Tshwane Jeugkunstefees in die Staatsteater.

Revue Groepe
Junior Revue: (Graad 1 – 4)
Senior Revue: (Graad 4 – 7)
Die groep kies elke jaar ‘n tema wat hul deur sang, dans en met behulp van kleurryke kostuums uitbeeld. Hulle neem ook deel aan kompetisies soos die Centurion Kunstefees en Kaleidoskoop. ‘n Hoogtepunt op hulle program is ook die Tshwane Jeugkunstefees in die Staatsteater.

Ainos
Hierdie is ‘n groep eie aan Laerskool Hennopspark. ‘n Christelike revue-groep wat bestaan uit 120 kinders wat optree by kerke, skole en ouetehuise. Hulle word ook gereeld genooi om saam met bekende kunstenaars op te tree. Die groep onderneem ook jaarliks uitreiktoere na verskillende dele van die land.

Nog Hoogtepunte:
Gedurende die jaar word geleenthede vir individue geskep om aan konserte en kompetisies deel te neem. Hennops Musieksterre, Kultuurkarnavalhoofaande, Kunstefeeste die skool se Paasprogram en die Hennops Musiekfees is van die hoogtepunte. Dit is ons droom om aan elke kind, êrens in sy/haar skoolloopbaan geleentheid te gee om sy of haar buiging op die verhoog te maak.

Mag ons kinders dan op die manier nuwe wêrelde ontdek en eendag onthou waar alles begin het…

Kultuursoorte & Organiseerders

Ainos
Carla Stevens: cstevens@hennops.com

Juniorkoor
Louisa Redelinghuys lredelinghuys@hennops.com

Seniorkoor
Angelique Smal: asmal@hennops.com

Senior Revue
Robe Wessels: rgrech@hennops.com

Kaalvoet Kiewiete
Tanya Lombard: tlombard@hennops.com

Bybelvasvra
Herma du Plessis: hduplessis@hennops.com

Redenaars/ Orators
Linda van der Linde: lvdlinde@hennops.com

Fotografieklub
Philip Botha: pbotha@hennops.com

Algemene Kennis
Corné van Rijn: cvanrijn@hennops.com