open 13 Januarie 2026
KONTAK
Renita Smith
+27 67 790 1090
speelsentrum@hennops.com
FOOIE
2026 Sentrumfooie: R21 600.00
Betaalbaar per debietorder oor 11 Maande (R1 964.00).
TYE
MAANDAE – VRYDAE: 13:00 – 17:00
(Met ʼn grasietydperk van 15 minute)
SLUITINGSDATUMS
Ons sal gesluit wees op:
publieke vakansiedae, spesiale skoolvakansiedae en skoolvakansies:
13 tot 17 Julie 2026 vir die wintervakansie.
15 Desember 2026 om 10:00 vir die Desembervakansie.
BENADERING
Speelsentrum is huidiglik slegs vir graad R en 1 leerlinge.
Die sentrum het ten doel om aan ons jong leerlinge, ’n veilige en sorgsame omgewing te bied vir nasorg in die middae.
Die kernfokus van die Speelsentrum is vir Graad R en Graad 1 -leerlinge,
om ná skoolure die geleentheid kry om in ’n omgewing te wees waar speel, ontspanning en kindwees die hoofdoel is.
Ons wil hê die sentrum moet ’n “huis weg van die huis af” wees, waar kinders geborge voel en hulle sosiale, emosionele en kreatiewe vaardighede deur speelse aktiwiteite verder kan ontwikkel.
Die Speelsentrum word Maandae tot Vrydae
vanaf 13:00 tot 17:00, met ’n grasietydperk van 15 minute tot 17:15 bedryf.
Tydens vakansies sal die Speelsentrum gedeeltelik oop wees op ʼn voldag basis
vanaf 8:00 tot 17:00.
Geen akademiese program word tydens vakansies gevolg nie. Die speelsentrum is slegs vir ingeskrewe leerders van Laerskool Hennopspark se graad R’e en 1’s
Die Sentrum beskik oor gekwalifiseerde personeel. Die sentrumhoof hanteer algehele koördinering en administrasie. Die span bestaan uit gekwalifiseerde onderwysers van Laerskool Hennopspark wat spesifiek op vroeë kinderontwikkeling fokus en ook die Graad-1 leerlinge kan bystaan met hulle huiswerk. Hulle word ondersteun deur interns wat aktief betrokke is by die daaglikse versorging en begeleiding van die kinders.
