GRAAD 1 Skryfbehoefte Pakket 2022.
- 1 Witbord +C7:CC7:C29 Baie goeie gehalte. Verkieslik die met ‘n groen agterkant. (Parrot)
- 1 Sponsie/klein bordborseltjie Om witbord mee af te vee.
- 10 Witbordpenne Pen moet swart skryf (10 x Pentel Maxiflo) of (5 x Pilot Slimline Black + 5 refills)
- 1 Pak Spreikaarte Ene (1-9) in aparte “ziplock” sakkie, Tiene (10- 90) en net die 100 in ‘n aparte “ziplock” sakkie. Bêre by huis vir tuisoefening. (Vanaf 2de Kwartaal)
- 1 Liniaal Duidelik in cm gemerk. Maak seker die 0 word daarop aangedui.
- 1 Goeie skêr Indien u kind met die linkerhand knip, koop asb ‘n linkerhand skêr
- 2 Goeie skerpmakers In ‘n plastiese houertjie. Maak seker dit maak maklik oop en kan inkleurpotlode skerp maak. (bv. Kores of Maped)
- 2 Uitveërs Koop ‘n goeie sagte uitveër. (Staedtler)
- 1 Oliepastelle (12) Merk asseblief elke pastel. Moet roomkleur in pak hê. (Giotto/Pentel)
- 1 Waterverf met ‘n kwassie Adel waterverf
- 12 2H Gryspotlode Faber Castell SONDER uitveër agter. Merk elke potlood deur die kleur af te skraap en op die hout te merk.
- 2 Klein Pritt of Bostik stiffies Goeie maak. Merk doppie en pritstiffie asseblief.
- 30 A4 – Wit kartonne Gebruik dit vir werk- en flitskaarte
- 10 A4 Gekleurde papier Enige kleur maar nie neonkleure nie.
- 2 Pakke goeie uitdraaikryte (Bostik) 1 Stel in aparte pennesakkie. Ander stel in oorspronklike houer. Merk asseblief elke kryt. Ons bêre dit.
- 2 Pakke goeie inkleurpotlode (12) Goeie soort wat maklik skerpmaak en nie maklik afbreek nie. Bv. Maped (driehoek potloodgreep). Goedkoop is in dié geval duurkoop. Merk asseblief elke potlood. 1 Stel in aparte pennesakkie. Ander stel in oorspronklike houer. Ons bêre dit.
- 2 A4 Flipfile – 20 sakkies Moenie oortrek nie – ons gee voorblad. Skryf naam op binneblad. (Afrikaans – Lees en Rekenaars)
- 2 A4 Flipfile – 20 sakkies (Portefeulje – Toetslêer) Moenie oortrek nie – ons gee voorblad. Skryf naam op binneblad.
- 2 A4 Sterk plastiese koeverte NB NB NB Moet dié wees wat met materiaal om die kante afgewerk is. Skryf name op die koeverte. (1 Swart en 1 Navy)
- 3 Croxley Plastiek Koevert Kleurloos
- 10 A4 Lamineervelle 250 Micron (die dik tipe)
- 12 Plastiek A4 oortreksels Vir die gedrukte werkboeke. Dik plastiek.
- 1 Swart “permanent” marker (Kuns) Scripto bionic fine 0.8mm bullet point of Sharpie Perm Fine 0.9mm
Die volgende items is nie in die voorafgepakte pakket nie en moet apart aangekoop word
- 1 Legkaart (36 – 60 stukke) Kyk na moeilikheidsgraad. Dit moet by u kind se vermoë pas. In ‘n boks wat versterk is. Stukke in ‘n “ziplock”-sakkie binne-in die boks. Elke stuk agterop gemerk. Merk ook asseblief die boks.
- 1 Donker waslap NB! Moet ‘n lussie aan hê om aan opgehang te word. Moet gemerk wees.
- 1 x 180 Sneesdoekies Nie gemerk nie. Moet in ‘n boks wees.
- 2 x 72 Wet Wipes Enige soort. Gebruik dit vir hande.
- 3 Hennops pennesakkies 1 vir 1 stel uitdraaikryte (blou), 1 vir 1 stel inkleurpotlode (wit) en 1 vir die skêr, Pritt, skerpmaker en Witbordpen (geel) Name duidelik buite op. Geen groot “space case” nie. (Kan slegs by Bontstaan Klerewinkel gekoop word)
- 2 A4 Boeksakke Materiaal met Ritssluiter (Rooi en groen “binding”) (Kan slegs by Bontstaan Klerewinkel gekoop word)
- 2 Pak lekkers in papiertjies Ons gebruik dit vir aanmoediging en beloning. Sal in Junie weer vra.
- 2 Pakke sjokolade (bite size) Gee dit vir spogwerk
- 1 Banksakkie met volgende geldstukke in 4 x R5, 5 x R2, 5 x R1 4 x 50 c 5 x 20c, 10 x 10c. (Al die muntstukke moet in een sakkie wees asseblief)
- 1 Stoelsak MOET by BONTSTAAN KLEREWINKEL gekoop word
BAIE BELANGRIKE ALGEMENE INLIGTING
- Elke item moet duidelik gemerk wees
- Skoene: Moet verkieslik nie nou al skoene koop nie. Teen die winter is dit te klein. Ons verkies dat Hennopsparkers kaalvoet loop.
- Tas: GEEN trollie- tasse of die nuwe “Caddy”-tasse sal toegelaat word in die klas nie. Ons plek is baie beperk en daar is nie plek om losstaande tasse te bêre nie. Koop ‘n tas van ongeveer 35 cm x 25 cm. Dit pas in ons tashokkies en kan so uit die pad gebêre word. Ons het in di everlede n groot probleem hiermee gehad en gaan die tasse wat te groot is huistoe stuur of buite die klas op die stoepe bêre. Ons kan nie verantwoordelikheid daarvoor neem nie.
- Naskool – sportsakke: Hou dit asseblief so klein as moontlik. Dan kan dit ook in die “tashokkies” gebêre word. Hokkie / Tennis / Krieket is die uitsondering.
- Skoolklere moet duidelik gemerk wees. Ook kouse en skoene
- Ons sal u deur die jaar inlig indien ons enige van bogenoemde benodigdhede weer kortkom